Landboumarkte: Uitdagings vir die wol- en vleismark

Estimated reading time: 2 minutes

Die rand het gedurende Mei ʼn baie slegte maand beleef weens politieke onstabiliteit. Dit nadat moontlike konneksies tussen Suid-Afrika en Rusland tot die lig gekom het met die “Lady R”-voorval.

Die rand het verswak en het teen onderskeidelik  R19,73 en R21,07 teenoor die Amerikaanse dollar en die euro gesluit. Die verbruikersprysindeks (VPI) het na ʼn lang afwagting jaar-tot-jaar tot 6,8% vir Mei 2023 gedaal en die produsenteprysindeks (PPI) het ook ʼn verdere daling tot 8,6% getoon. Die prima uitleenkoers het verder tot 11,75% verhoog.

Die bruto binnelandse produk (BBP) vir die eerste kwartaal van 2023 is ook bekend gemaak, met die ekonomie wat 0,2% jaar-op-jaar gegroei het. Die BBP van landbou, bosbou en vissery het egter negatiewe groei van -5,4% jaar-tot-jaar getoon. Die geelmielieprys het ʼn wisselvallige maand beleef en R3 775/ton gesluit.

Weens ʼn swakker Australiese wolmark het die plaaslike wolmark ook verswak al het die swakker rand die pryse ondersteun. Die aanwyserprys vir gesertifiseerde skoon wol het in Mei teen R182,36/kg gesluit. Daar was net een bokhaarveiling vir Mei met die aanwyserprys wat hier ook tot R371,54/kg gedaal het.

Beeskarkaspryse kry ‘n knou in Mei

Beeskarkaspryse het gedurende Mei nog veld verloor weens ʼn laer vraag. Die gemiddelde A2-prys (Figuur 1) het teen R52,75/kg gesluit, die B2-prys teen R46,30/kg en die C2-prys teen R44,48/kg. Die speenkalfpryse bly onder druk en die gemiddelde prys het teen R30,11/kg gesluit. Daar is wel effense hoër premies aangebied vir ligter kalwers wat soms tot R3,00/kg meer gekry het. Pryse kon moontlik nou ‘n laagte punt bereik het weens laer aanbod in Junie en `ʼn moontlike sterker vraag deur mielieprodusente wat kalwers inkoop om op reste te wei.

Grafiek wat die A2-beeskarkasprys wys.
Figuur 1: Weeklikse A2-beeskarkaspryse.

Die pryse van skaap- en lamkarkasse het verskillende patrone vertoon. Die A2-prys het versterk en teen R90,06/kg gesluit, terwyl die B2-prys verswak het en teen R56,07/kg gesluit het. Die prys van C2-karkasse het redelik sywaarts beweeg en teen R57,64/kg gesluit. Die speenlampryse het eers versterk en daarna weer bietjie krag verloor en het teen R41,38/kg gesluit. Die prys van klas O-varkkarkasse het deur die loop van Mei deurlopend krag verloor en teen R29,40/kg gesluit. – Hannes Venter en Frikkie Maré, Departement Landbou-ekonomie, Universiteit van die Vrystaat

Must read

BKB Merino Ope vertoon die room van SA Merino’s

Estimated reading time: 2 minutes Die BKB Merino Ope wat deur Nampo Kaap op Bredasdorp aangebied is, het 13 Merino-telers gelok wat met uitstekende diere teen mekaar meegeding het. Die teler wat die meeste...

Katoen-verwysingsprys: Week van 25 tot 29 September 2023

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op...

EDE Farming 2023 Boeredag: Bulkrag, die sleutel tot sukses

Estimated reading time: 3 minutes Op 30 Augustus vanjaar het EDE Frieslands, ’n vertakking van Ede Farming, hulle jaarlikse boeredag aangebied onder die tema ‘Bulkrag, die sleutel tot sukses’. Michiel Heyns, ’n Jersey-boer vanuit die...
Fluctuations in fertiliser prices impact on food inflation.

Inclusive regional value chains can create opportunities

The 17th Annual Competition Law, Economics, and Policy Conference hosted by the Competition Commission in conjunction with the Competition Tribunal recently brought together role-players in Johannesburg to share insights on the current state of...

RSG Landbou: 3 Oktober 2023 – geborg deur Plaas Media

‘n Angoraprodusent van die Willowmore-omgewing, Fred Colborne, het vroeër vanjaar ‘n wêreldrekordprys vir ‘n baal kleinbokkiehaar behaal. Ons gesels met hom in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou en hoor wat sy ondersteuners van...