Landboumarkte: Rand verswak, mielies styg en wol verras in November

Estimated reading time: 2 minutes

Die rand het November sterk begin, maar kon ongelukkig nie die tendens volhou nie. Die geldeenheid het die maand teen R18,82 en R20,54 onderskeidelik teenoor die Amerikaanse dollar en die Euro afgesluit. Beide die verbruikersprysindeks (VPI) en die produsenteprysindeks (PPI) het hulle opwaartse tendense van Oktober voortgesit. Die VPI het tot 5,9% (jaar-op-jaar) geklim en die PPI tot 5,8% (jaar-op-jaar). Die prima-uitleenkoers bly onveranderd op 11,75%.

Die geelmielieprys het tydens November sterk groei getoon, moontlik weens die hoë vraag en laer aanbod.

Die wolmark het die maand negatief begin, alhoewel dit steeds positief is in dollar terme. Met die vierde veiling van die maand het die prys drasties gestyg soos die rand weer verswak het en pryse kon redelik hoog bly vir die laaste veiling van die maand. Die aanwyserprys vir gesertifiseerde skoonwol het in Oktober teen R174,31/kg gesluit. Daar was net een bokhaarveiling vir November met pryse wat effens hoër was as in Oktober. Die aanwyserprys vir Oktober het teen R330,17/kg gesluit.

Die beeskarkaspryse het in November ‘n sywaartse beweging ervaar tot met die laaste week waar die prys begin styg het. Die A2-prys het teen R54,61/kg gesluit, die B2-prys teen R48,78/kg en die C2-prys het tot en met R47,90/kg versterk. Die speenkalfprys (Figuur 1) het ‘n goeie maand ervaar met pryse wat besig is om te klim, met die gemiddelde prys wat teen R35,17 gesluit het en al hoe nader aan die speenlamprys beweeg.

Skaapkarkaspryse is op ‘n afwaartse tendens. Die A2-prys het teen R82,51/kg gesluit, die B2-prys teen R60,98/kg en die C2-prys het tot en met R57,83/kg verswak. Die speenlamprys is op ʼn baie slegte plek met pryse wat hopelik nie verder sal daal nie. Die gemiddelde speenlamprys (Figuur 1) het teen R37,27/kg gesluit.

Klas O-varkkarkasse se prys het druk ervaar vir ‘n slag en gedaal waar die prys die maand teen R36,55/kg afgesluit het. – Hannes Venter en WA Lombard, Departement Landbou-ekonomie, Universiteit van die Vrystaat.

Must read

hoender hoenders pluimvee

Astral weer winsgewend

Estimated reading time: 3 minutes “Alhoewel die omkeerstrategie van Astral ’n duidelike sukses is, is die maatskappy se bestuur nie tevrede met die dun winsmarge wat hulle vir die eerste helfte van 2024 kon...

Katoen-verwysingsprys: Week van 13 tot 17 Mei

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op...
Die LlimaLethu-bemagtigingsprojek

RSG Landbou: 20 Mei 2024 – geborg deur Nutrico

Die LlimaLethu-bemagtigingsprojek, wat op boere in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal gemik is, kom onder bespreking. Mihan Louw van African Seeds Group verduidelik hoe hulle en ander instansies, 20 boere as deel van fase een...

Onbetaalde skorsing as ‘n alternatief tot ontslag

Estimated reading time: 4 minutes Die Wet op Arbeidsverhoudinge,1995 (Wet 66 van 1995) (die WAV) eis dat die werknemer billik behandel moet word, aangesien onbillike skorsing ’n onbillike arbeidspraktyk ingevolge artikel 186(2)(b) van die...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 19 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these prices calculated? The Red Meat Abattoir Association (RMAA) gathers pricing data...