Estimated reading time: 2 minutes
Plaas TV het weereens vir interessante kykstof gesorg hierdie week en vandag is #kykweervrydag. Hier is ʼn opsomming van dié week se episodes:
- Talle plaaseienaars word gekonfronteer met eise van persone wat beweer dat hulle huurarbeiders is. Kan ‘n huurarbeider nou ‘n eis indien vir die toekenning van ‘n stuk grond? Hans-Jurie Moolman werp lig op dié onderwerp.
- Hannes Swart van die Potchefstroom-distrik deel ook sy wenresep vir winsgewende lusern.
Klik hier vir laas week se #kykweervrydag.
- Die meeste landbouprosesse vereis chemiese ingryping om plantproduksie te stimuleer en uiteindelik, voedselsekerheid te verseker. Hierdie chemiese ingryping kan egter ‘n negatiewe impak op die varswaterstelsel hê. Dr Althea Grundling, van die Landbounavorsingsraad gesels hieroor.
- Jompie Burger van die Suiwelstandaardagentskap, gesels oor hulle nuwe gebruikershandleiding vir melkprodusente.
- Die BKB Groep het vroeg in Maart op die Kaapstadse Aandelebeurs begin noteer, en wat ‘n hoogtepunt was dit nie! Ons kyk na ‘n insetsel hieroor.
- Dan het die Plaas TV-span onlangs die Rooi Geleentheid in Parys bygewoon. Kom vind saam met ons uit wat die dag opgelewer het.
Die Rooi Ras is ‘n twee-jaarlikse publikasie van Bonsmara Suid-Afrika oor als Bonsmaras. Die tydskrif bespreek belangrike onderwerpe soos genetika, rooivleisproduksie, teelpraktyke en raseienskappe. Klik hier om meer uit te vind.
PlaasTV is met trots deur BKB, Syngenta, Elanco, JSE en Jonsson Workwear geborg.
Het jy geweet dat ons ’n Facebook-blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op datum te bly met die jongste landbounuus!
Klik op die YouTube-skakel om die episodes op die Plaas TV-kanaal te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A
Plaas TV is in Junie 2020 geloods en bied topgehalte en feitlik korrekte landbounuus op sy YouTube-kanaal. Volg die skakel bo om na die afgelope twee jaar se inhoud te kyk, asook ons ander nuusdekking. Van landbouskoue tot die geskiedenis van Pinotage-wyn, Plaas TV dek alle landbousektore se nuus.