Estimated reading time: 1 minute

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ʼn opsomming van dié week se episodes:

  • Die span gaan maak ‘n draai in die Cradock-omgewing op die plaas Aloedale, om meer uit te vind oor ‘n intensiewe Angora-voedingsprojek.
  • Hoe vertoon die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf en watter impak het die konflik tussen Rusland en Oekraïne op die internasionale suiwelmark? Alwyn Kraamwinkel van SAMPRO werp meer lig op dié onderwerp.

Daarna gesels ons met Elmarie Prinsloo oor wat besoekers vanjaar by Bloemskou kan verwag.

  • Antrovet was 30 jaar gelede ‘n verspreidingsmaatskappy vir een van die groot multi-nasionale dieregesondheidsmaatskappye, maar soos die gesegde lui: alle goeie dinge kom tot ‘n einde. Justin Frewen brei in dié episode van Plaas TV, hieroor uit.

Daarna gesels ons met dr Johann Stadler oor lewerslak en die behandeling daarvan.

Plaas TV is met trots deur BKB, Syngenta, ABE Biotech, Chemunique, Elanco, JSE en Jonsson Workwear.

Het jy geweet Plaas TV het ‘n Facebook-blad? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte van aktuele onderwerpe en nuus in landbou te bly!

Klik op die YouTube kanaal se skakel om al Plaas TV se episodes weer te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A

Lees meer oor laas week se episodes hier.