Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:
- Die KragDag Ekspo wat jaarliks plaasvind, is ‘n hoogtepunt op die landboukalender en bied ’n uitstalkas vir energie- en ander selfstandigheidsoplossings. Elmarene Croucamp kuier in die Plaas TV-ateljee om hieroor te gesels.
Lees meer oor laas week se insetsels hier.
- Plaas Media het aan die begin van 2022 die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek van stapel gestuur. Hierdie projek is vanjaar vir die tweede keer aangebied en sou nie moontlik gewees het sonder borge nie. Nedbank is een van hierdie borge en Daneel Rossouw brei uit oor hulle rol by die projek.
- Drie klimaatslim-veeboere het deurgedring as finaliste in die Veeplaas Klimaatslim ambassadeur-projek wat vanjaar vir die tweede keer aangebied is. Nege boere van regoor die land het vir 2023 se kompetisie ingeskryf. Kom ons vind uit wie vanjaar se wenner is.
- Boer meer verantwoordelik en dra by tot ‘n beter toekoms, is waaroor dr Alnora le Riche van Elanco in dié aflewering van Plaas TV gesels. Hierdie onderwerp is ook gepas in samehang met hulle rol as borg van die 2023 Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek. Borgskappe soos dié dra by tot die sukses van hierdie projekte.
- Vitamien A word deur sommige veeartse en voedingskundiges as die belangrikste vitamien met betrekking tot die behoefte aan aanvulling by herkouers, geag. Dr Johann Stadler van Antrovet brei in Plaas TV hieroor uit en verduidelik ook hoe tekorte geïdentifiseer kan word.
- Potatoes SA’s annual research symposium was held in Parys, Free State, recently. This year’s theme was “Roots in the ground with the future in mind.” Mechanisation, irrigation, soil health, diseases and climate change were some of the topics that were discussed. Plaas TV also attended the event for some feedback and discussions with roleplayers.
It is #ResearchFriday which means it is time to once again become acquainted with the research projects conducted by the team at the Agricultural Research Council. This week we visit the ARC Tropical and Subtropical Crops campus in Mbombela.
Farm TV is proudly brought to you by Elanco South Africa and Jonsson Workwear.
Did you know that Farm TV has a Facebook page? Visit our page at https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr to stay up to date with the latest agricultural news and topics!
Click on the YouTube channel’s link to watch Farm TV’s episodes again: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A
Plaas TV/Farm TV was launched in June 2020 and provides top quality and factually correct agricultural news and content. Click on the link above to view all Plaas TV’s content of the past two years. From agricultural shows to the history of Pinotage wine, Plaas TV covers all corners of the agricultural sector.