Estimated reading time: 2 minutes

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ʼn opsomming van die week se episodes:

  • Agri-Expo is die oudste landbougenootskap in Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe word reeds sedert 1834 met groot sukses deur hulle aangebied. Lactalis Suid-Afrika se 18-maande beleë Cheddar, het vanjaar met die louere weggestap. Nóg ‘n wen vir Woolworths! Plaas TV het met Maryke Pienaar oor dié gesogte toekenning gesels.
  • Prof Charlie Reinhardt kuier ook by ons en dié keer gesels hy oor die waterhiasint.
  • Daar is ‘n paar belangrike elemente en kritiese aspekte as dit kom by mielieverbouing. Pieter Craven van Syngenta gesels op Plaas TV hieroor en verskaf ook ‘n paar aanbevelings vir die komende plantseisoen.
  • Daarna ontmoet ons vanjaar se avo-ambassadeurs.

Plaas TV is met trots deur BKB, Syngenta, ABE Biotech, Chemunique, Elanco, JSE en Jonsson Workwear.

Lees meer van laas week se episodes hier.

Het jy geweet Plaas TV het ‘n Facebook-blad? Besoek ons blad by  https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte van aktuele onderwerpe en nuus in landbou te bly!

Klik op die YouTube kanaal se skakel om al Plaas TV se episodes weer te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A