HomePlaas TV#kykweervrydag Plaas TV 27 Februarie - 3 Maart

#kykweervrydag Plaas TV 27 Februarie – 3 Maart

Estimated reading time: 2 minutes

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

  • Een van die Hereford-vleisbeesras se beste eienskappe, is sy uitstekende temperament. Plaas TV het onlangs in Clocalan ‘n draai gaan maak waar ons vir Willem Scholtz van Zuikerkop Boerdery ontmoet het. Hy vertel ons meer oor dié unieke ras. Bly ingeskakel vir ‘n insetsel hieroor.
  • Nutrico vier dié jaar sy twintigste bestaansjaar. Martin Botha het in die Plaas TV-ateljee kom kuier om oor hulle rol in die landbouchemiese bedryf te gesels.

Lees meer oor laas week se episodes hier.

  • Simbra SA is hosting information days in March and Kobus Bester tells us about these events, so stay tuned!
  • Lugweginfeksies is die enkele siekte met die grootste invloed op ’n voerkraal se winsgewendheid. Dr Alnora le Riche van Elanco Dieregesondheid kuier in die ateljee om onder andere hieroor te gesels.
  • Dan is drie-dae-stywesiekte ‘n ernstige siekte wat op groot skaal onder beeste kan uitbreek en skerp toeneem in gebiede waar goeie reën voorgekom het. Dr Johann Stadler brei hieroor uit in vandag se Plaas TV-program.

Het jy geweet dat ons ’n Facebook-blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op datum te bly met die jongste landbounuus!

Klik op die YouTube-skakel om die episodes op die Plaas TV-kanaal te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A

Plaas TV word met trots deur Elanco South Africa en Jonsson Workwear geborg.

Plaas TV is in Junie 2020 geloods en bied topgehalte en feitlik korrekte landbounuus op sy YouTube-kanaal. Volg die skakel om na die afgelope twee jaar se inhoud te kyk, asook ons ander nuusdekking. Van landbouskoue tot die geskiedenis van Pinotage-wyn, ons dek alle landbousektore se nuus.

Must Read

RSG Landbou: 27 September 2023 – geborg deur Plaas Media

Een van die hoofoorsake van verliese by kuilvoer is die blootstelling aan lug. Jaco Faasen van Nutribase verduidelik wat gebeur met kuilvoer tydens blootstelling,...