#kykweervrydag Plaas TV 26 – 30 September

Estimated reading time: 2 minutes

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ʼn opsomming van dié week se episodes:

  • 2022 is ‘n bedrywige landboujaar en die bedryf moet bontstaan om die steeds versnelde pas van verandering te kan volhou. Nico Groenewald van Standard Bank gesels oor die gevaarligte wat aandag vereis.
  • Daarna kuier Chantelle Fryer van Evonik in die Plaas TV-ateljee. Sy gesels onder andere oor die uitdadings in die veevoerbedryf asook AFMA se opkomende simposium.

Lees meer oor laas week se episodes hier.

  • Hondsdolheid is aan die toeneem in Suid-Afrika, en dit is dodelik – vir mens en dier. Wêreld-hondsdolheiddag word vandag gevier en dr Didi Claasen van Afrivet werp meer lig op dié gevreesde siekte.
  • Daarna kuier Johan Bender van TWK Agri in die Plaas TV-ateljee. Hy brei uit oor hulle betrokkenheid by die 2022 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie.

Lees meer oor hondsdolheid hier.

  • BKB se winkels en hulle takke speel tans ‘n belangrike rol, veral in afgeleë dorpies. Daarom is dit belangrik dat die winkels aan die gemeensakp se behoeftes moet voldoen. Yolanda Colesky vertel ons meer hiervan.
  • Daarna gee dr Johann Stadler van Antrovet raad oor bosluise. Hierdie parasiete het ‘n groot aandeel in verliese in die Suid-Afrikaanse veebedryf en kan deur gunstige klimaatstoestande vererger word. Daarom is strategiese bosluisbeheer belangrik.

Het jy geweet dat ons ‘n Facebook-blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op datum te bly met die jongste landbounuus!

Klik op die YouTube-skakel om Plaas TV-episodes op die Plaas TV-kanaal te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A

Plaas TV word met trots geborg deur BKB, ABE Biotech, Elanco South Africa, Standard Bank en Jonsson Workwear.

Plaas TV is in Junie 2020 geloods en bied topgehalte en feitlik korrekte landbounuus op sy YouTube kanaal. Volg die skakel bo om die afgelope twee jaar se inhoud te sien asook te sien hoe wyd die nuusdekking is. Van landbouskoue tot die geskiedenis van Pinotage wyn, Plaas TV dek alle landbou sektore se nuus.

Plaas TV: Klimaatslim boerdery, AFMA Forum, Agbiz Graan- en Oliesade-simposium en Kubota-trekkers

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is...

Strategies for managing seasonal infertility in pigs

Estimated reading time: 7 minutes The phenomenon of seasonal infertility among pigs is real,...

Avoid unilateral changes to the employment contract

Estimated reading time: 4 minutes The employment contract can be of immense value to...

Snotsiekte: ’n Taai tameletjie

Estimated reading time: 5 minutes Snotsiekte is ’n dodelike virussiekte wat deur wildebeeste na...