Estimated reading time: 2 minutes

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ʼn opsomming van dié week se episodes:

  • KwaZulu-Natal is onlangs as ‘n nasionale ramgebied verklaar weens die vloede en skade in groot dele van die provinsie. Hierdie oorstromings het ‘n baie groot impak op uitvoere asook infrastruktuur, en gevolglik, die hele landboubedryf. Wessel Lemmer van Agbiz Grain werp meer lig op dié onderwerp.

Lees meer van laas week se episodes hier.

  • Daar is meer mikrobes in die rumen van ‘n enkele melkkoei as mense op aarde, daarom is Rumen pH een van die belangrikste faktore as dit kom by diere produksie van herkouer diere en ‘n belangrike orgaan. Dr Johan van Rensburg van ABE Biotech werp meer lig op dié onderwerp.
  • Daarna gaan maak Plaas TV ‘n Kaapse draai wanneer ons ‘n glasie klink oor ‘n Cabernet Sauvignon.
  • Jaco Burger van Wepener is onlangs as Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar aangewys. Hy boer al vir 3 jaar in die Wepener-area, op sy plaas langs die Lesothogrens. Hy gesels oor sy boerdery en passie vir sy diere.
  • Daarna vertel Rubé Bradfield van Home & Hectare ons meer oor plaaseiendomme.

Het jy geweet Plaas TV het ‘n Facebook-blad? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte van aktuele onderwerpe en nuus in landbou te bly!

Klik op die YouTube kanaal se skakel om al Plaas TV se episodes weer te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A