Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:
- Mark en ligging is van die belangrike faktore wat die veevoervervaardigersbedryf beïnvloed. Dit beteken dus die samevoeging van komponente is nie al wat saakmaak nie. Jacques Prinsloo van Automill praat oor ‘n reeks faktore wat in ag geneem moet word in dié aflewering van Plaas TV.
- ‘n Video waar ‘n bees in ‘n drukgang herhaaldelik met ‘n mes gesteek is, het onlangs opslae gemaak. Alles in die naam van tradisie. Dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk brei nou hieroor uit.
- As jy ‘n ernstige vee- of stoetboer is wat jou boerdery skoei op goeie wetenskaplike beginsels en die nuutste tegnologie, dan is Aldam in die Vrystaat die plek om te wees vanaf 11 tot 13 Oktober wanneer die Lewendehawe Registrerende Federasie sy 15de jaarlikse veeskool aanbied.
- The South African Society for Animal Science (SASAS) Northern Branch will be hosting its annual student industry day at the University of Pretoria. The event will take place on 31 August under the theme “Linking possibilities, igniting potential’’. Karla Zietsman, former technical advisor in the animal feed manufacturing industry, visited the Plaas TV studios to elaborate on what Animal Science graduates can expect from this day.
- Bredasdorp is besig om vere reg te skud vir die jaarlikse Nampo Kaap wat vanjaar van 13 tot 16 September 2023 op Bredasdorp Park gaan plaasvind. Graan SA en Bredasdorp Park NPC span kragte saam om dié geleentheid aan te bied. Chrystal van Wyk kuier in die Plaas TV-ateljee om uit te brei oor wat besoekers vanjaar kan verwag.
- Sytze Smit van die Brahman-beestelersgenootskap kuier in die Plaas TV-ateljee om oor die doen en late van dié genootskap te gesels. Hy gee ondere andere terugvoer oor hul vleisgehalte-navorsingsprojek in samewerking met die Universiteit van die Vrystaat asook oor hulle skou wat binnekort plaasvind.
- It is #ResearchFriday which means it is time to once again become acquainted with the research projects conducted by the team at the Agricultural Research Council. This week we visit the ARC Animal Production campus which is based in Irene.
Farm TV is proudly brought to you by Elanco South Africa and Jonsson Workwear.
Did you know that Farm TV has a Facebook page? Visit our page at https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr to stay up to date with the latest agricultural news and topics!
Click on the YouTube channel’s link to watch Farm TV’s episodes again: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A
Plaas TV/Farm TV was launched in June 2020 and provides top quality and factually correct agricultural news and content. Click on the link above to view all Plaas TV’s content of the past two years. From agricultural shows to the history of Pinotage wine, Plaas TV covers all corners of the agricultural sector.