#kykweervrydag Plaas TV 16 – 20 Januarie

Share This Post

Estimated reading time: 2 minutes

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

  • Die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf verwag laer volumes vir 2023. Daar is verskeie streke waar tafeldruiwe aangeplant word en die streke het die afgelope jaar uiteenlopende weersomstandighede ervaar. AJ Griesel gee terugvoer hieroor in vandag se episode Plaas TV.
  • Willie Clack tree binnekort uit as voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum  – ‘n posisie wat hy sedert 2015 beklee het. Lise Roberts gesels met hom oor sy reis, en die uitdagings in die bedryf.
  • Hommeltuie speel ‘n al hoe meer prominente rol in alledaagse boerdery en help grootliks met risikovermindering, terwyl dit terselfdertyd opbrengste op plase verhoog. Maryke Buys van Hennie’s Drones kuier vandag in die ateljee om hieroor uit te brei.

Vind meer uit oor laas week se episodes hier.

  • Daarna is Willie Clack weer aan die woord. Dié keer gesels hy oor misdaadtendense in Noordwes.

Het jy geweet dat ons ’n Facebook-blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op datum te bly met die jongste landbounuus!

Klik op die YouTube-skakel om Plaas TV-episodes op die Plaas TV-kanaal te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A

Plaas TV is in Junie 2020 geloods en bied topgehalte en feitlik korrekte landbounuus op sy YouTube-kanaal. Volg die skakel om na die afgelope twee jaar se inhoud te kyk, asook ons ander nuusdekking. Van landbouskoue tot die geskiedenis van Pinotage-wyn, ons dek alle landbousektore se nuus.

Plaas TV word met trots deur Elanco South Africa en Jonsson Workwear geborg.

Related Posts

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Die jongste vleispryse word...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not...

Ankole embryos sell for record price in South Africa

The South African record price for embryos sold was...

Ivermektien: Veilig vir dier én mens?

Estimated reading time: 4 minutes Die potensiaal van ivermektien...

Smart lambing camps for profitable Boer goat farming

PW Botha lost his heart on Boer goats during...