Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:
- Kan Suid-Afrika se ekonomie en sy verbruikers ‘n vryloop-eiersisteem bekostig? Die Nasionale Landboubemarkingsraad het onlangs ‘n studie gedoen rakende die lewensvatbaarheid van so ‘n eierproduksiestelsel in Suid-Afrika. Dr Christo Joubert vertel ons meer hieroor.
Vind meer uit oor laas week se insetsels hier.
- Gideon van Zyl van Vryburg is onlangs as Agri Noordwes se Jongboer van die Jaar aangewys. Hy glo in die toekoms van Suid-Afrika en dat jongboere ‘n reuse verskil kan maak in werkskepping en die ontwikkeling van die platteland. Hy brei vandag op Plaas TV uit oor sy visie.
- Daar het in November 2022 vir die eerste keer in Suid-Afrika, ‘n virale hemorragiese siekte onder hase uitgebreek. Dr Donavin Reynolds van Hipra gesels op Plaas TV oor die kliniese siektetekens en hoe dit behandel en voorkom word.
- Die Muskadel SA-toekennings het na drie jaar teruggekeer met vier platinum-wenners. Henri Swiegers vertel vir Plaas TV-kykers meer hiervan asook oor die markte van dié gesogte Suid-Afrikaanse produk.
- Hoe word Muskadel gemaak en hoe vergelyk dit met ander soetwyne? Christo Pienaar van Nuy-wynkelder beantwoord hierdie vrae en gesels ook oor hul Muskadel wat by die SA-toekennings ‘n platinum-toekenning ontvang het.
- It is #ResearchFriday which means it is time to once again become acquainted with the research projects conducted by the team at the Agricultural Research Council. This week we visit the ARC-Biotechnology platform campus in Onderstepoort to learn more about their work.
Farm TV is proudly brought to you by Elanco South Africa and Jonsson Workwear.
Did you know that Farm TV has a Facebook page? Visit our page at https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr to stay up to date with the latest agricultural news and topics!
Click on the YouTube channel’s link to watch Farm TV’s episodes again: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A
Plaas TV/Farm TV was launched in June 2020 and provides top quality and factually correct agricultural news and content. Click on the link above to view all Plaas TV’s content of the past two years. From agricultural shows to the history of Pinotage wine, Plaas TV covers all corners of the agricultural sector.