Estimated reading time: 2 minutes
Hierdie week het PlaasTV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ʼn opsomming van die week se episodes:
- Een van die eerste oorwegings by die begin van ‘n nuwe boerdery, is die tipe besigheidstruktuur wat daarvoor gebruik moet word. Maar hoe weet jy watter besigheidstruktuur jy moet kies? Marese Lombard van die Universiteit van die Vrystaat brei hieroor uit.
- Daarna gee Aartappels SA terugvoer oor die afgelope maand se markte.
Die Aartappelsertifiseringsdiens speel ‘n belangrike rol in die aartappelbedryf. Die diens bied aartappelprodusente toegang tot die nuutste inligting rakende variante en die sertifiseringsproses. Klik hier om meer uit te vind.
- Ons lees en hoor deesdae orals van antimikrobiese weerstand. Wat is dit? En watter rol speel landbou hierin? Dr Chris van Dijk, kuier in die Plaas TV-ateljee en hy beantwoord ‘n paar vrae oor dié onderwerp.
- Daarna gesels ons met Dr Hester Vermeulen oor die voedselkeuses wat Suid-Afrikaanse verbruikers maak.
- Olywe is veelsydige klein vruggies en word gebruik om ‘n verskeidenheid waardetoevoegingsprodukte te maak. Suid-Afrika produseer hoë kwaliteit, maar relatiewe lae volume olyfolies. Dr Gerhard du Toit kuier in die Plaas TV-ateljee om ons meer oor die bedryf te vertel.
- We then have a look at an insert about hearing tests on cattle dogs.
Plaas TV is met trots deur BKB, Syngenta, ABE Biotech, Chemunique, Elanco, JSE en Jonsson Workwear geborg.
Lees meer oor laas week se episodes hier.
Het jy geweet Plaas TV het ‘n Facebook-blad? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte van aktuele onderwerpe en nuus in landbou te bly!
Plaas TV is in Junie 2020 geloods en bied topgehalte en feitlik korrekte landbounuus op sy YouTube-kanaal. Volg die skakel bo om na die afgelope twee jaar se inhoud te kyk, asook ons ander nuusdekking. Van landbouskoue tot die geskiedenis van Pinotage-wyn, Plaas TV dek alle landbousektore se nuus.