Estimated reading time: 2 minutes

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ʼn opsomming van dié week se episodes:

  • In Suid-Afrika is daar min of meer 170 geregistreede olyfprodusente, wat 44% van Suid-Afrika se olywe lewer. Dr Gerhard du Toit van SA Olive kuier weer in die ateljee, en dié keer gesels hy oor die produksie van hierdie bedryf.
  • Daarna vertel onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, ons meer oor die wildesonneblom.

Lees meer oor laas week se episodes hier.

  • Anja Fourie van die Plaas Driefontein in die Vrystaat, het agtien jaar gelede die idee gekry om tamaties te begin groei om haar inkomste aan te vul. Ten spyte van verskeie terugslae, het dié nederige besigheid begin floreer. Sy brei uit hieroor.
  • Daarna gesels Corné Louw van Graan SA kykers oor die globale sonneblom-situasie en hoe dit die bedryf in Suid-Afrika raak.
  • Voerkrale het die voordeel om met meer akkuraatheid aan alle diere se voedingsbehoeftes te voldoen, maar watter rol speel voerkrale in ons land se rooivleisekonomie? Dr WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat brei hieroor uit.
  • Bly ook ingeskakel vir hoogtepunte van Simmentaler SA se nasionale skou en veiling.

Het jy geweet Plaas TV het ‘n Facebook-blad? Besoek ons blad by  https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte van aktuele onderwerpe en nuus in landbou te bly!

Klik op die YouTube kanaal se skakel om al Plaas TV se episodes weer te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A