Kyk weer Grootplaas

0
864

Kyk hier na vorige uitsending van Grootplaas.

Ons het op 22 April in die Grootplaas-ateljee  gekuier saam met Elsa Esterhuisen wanneer sy met Lodewyk Koch, direkteur by Brasuda, gesels oor Brasiliaanse grasse wat met groot sukses in Suid-Afrika aangeplant word as weidings.

Gerhard-Leon Lourens, die bemarkingsbestuurder van die Inheemse Veldbokgenootskap van Gauteng, het ook ingeloer om ons te vertel waarom dié veevertakking deesdae so populêr is en uitbrei.

Dan geniet ons ’n kykie in die wêreld van drupbesproeiing – ons het by Netafim in die Kaap gaan kuier waar Etienne Erasmus, die maatskappy se besturende direkteur, met ons gesels het oor hulle benadering tot besproeiing.

Swavet is die trotse borg van die landbounuus op Grootplaas en Obaro bring aan jou die weer.

Gesels saam oor Grootplaas op Twitter by @Grootplaas en #GROOTplaas

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY