Kuilvoerprodusent wen deur te waag

Estimated reading time: 7 minutes

  • Die TW-groep het oor ’n kwarteeu ’n knap landboubesigheid op die been gebring wat strategies opwaarts, afwaarts en sywaarts in sy omgewing ingeweef is. Boonop is dié boerdery reeds twee keer as die voersorghum-kategoriewenner in Plaas Media se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie gekroon en is verlede jaar ook met die gesogte Landbouskrywers SA Boer van die Jaar-toekenning vereer.
  • ’n Kwarteeu gelede het die Te Water-broers, Billy en Dewald, elk slegs ’n Nasionale Diereproduksiediploma, ambisie en goeie werksetiek besit.
  • Anders as die tradisionele gebruik om swakker lande se opbrengs in te kuil, gebruik die TW-groep slegs hul beste opbrengslande om gewasse vir die groep se kuilvoerafdeling, Exact Silage, te plant.
  • Dieselfde dag wat die mielies, soja, hawer en/of sorghum vir kuilvoer geoes word, word dit met hoë-digtheid kompakteerders lugdig gebaal en in plastiek toegedraai om die risiko dat suurstof die kuilvoer kan beskadig, tot ’n minimum te beperk.
  • Anders as die tradisionele gebruik om swakker lande se opbrengs in te kuil, gebruik die TW-groep slegs hul beste opbrengslande om gewasse vir die groep se kuilvoerafdeling, Exact Silage, te plant.

Die Te Water- of TW-groep, soos hulle beter bekendstaan, deins nie terug vir besigheidsgeleenthede nie. Hulle is ook nie geneig om vir sentimentele redes die deure van ’n nie-lonende besigheidsvertakking oop te hou nie. Enige nuwe vertakking moet binne 1 000 dae selfstandig wees, of dit word gestaak. Dié koelkop-ingesteldheid is die sleutel tot Dewald te Water, die eienaar van die TW-groep, se sukses.

Die TW-groep het oor ’n kwarteeu ’n knap landboubesigheid op die been gebring wat strategies opwaarts, afwaarts en sywaarts in sy omgewing ingeweef is. Boonop is dié boerdery reeds twee keer as die voersorghum-kategoriewenner in Plaas Media se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie gekroon en is verlede jaar ook met die gesogte Landbouskrywers SA Boer van die Jaar-toekenning vereer.

Hierdie suksesvolle, gediversifiseerde onderneming bestaan uit ’n saaiboerdery (mielies, sojabone, sorghum en hawer), Bovelder- en kommersiële kuddes, die African Foods-verwerkingsaanleg (waar springmielies, skyfies en ontbytpap geproduseer en bemark word) en Exact Silage, waar topgehalte kuilvoer geproduseer word. Dit word aangevul deur kontrakteursdienste wat die TW-groep aan die landbou bied, twee baksteenfabrieke en ’n onderneming wat grondverskuiwingsmasjinerie uitverhuur.

Lees meer oor Plaas Media se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie hier.

Gryp die dag!

’n Kwarteeu gelede het die Te Water-broers, Billy en Dewald, elk slegs ’n Nasionale Diereproduksiediploma, ambisie en goeie werksetiek besit. “Een oggend het Billy gesê: ‘Kom ons probeer om groter en saam te boer’. Daarna het ons elke moontlike geleentheid aangegryp,” onthou Dewald. In daardie stadium (1999) het Billy hul oupa, dr WF te Water, se vee opgepas en Dewald het by ’n melkery en saaiboerdery in Kriel gewerk.

Die familieplaas, Grootfontein, naby Trichardt was nie groot genoeg om albei broers finansieel te kon dra nie. Hierdie probleem is oorkom deur nog grond by te huur namate die broers se kredietwaardigheid verbeter het. Toe weerlig Billy in 2023 doodslaan, moes Dewald skielik die totale besigheid bestuur. Dit het hom ‘n deeglike agtergrondkennis van die hele onderneming gebied. Die besigheid het later die plaas, Schurvekop, in die Bethal-distrik gekoop.

Terugwaartse integrasie

Anders as die tradisionele gebruik om swakker lande se opbrengs in te kuil, gebruik die TW-groep slegs hul beste opbrengslande om gewasse vir die groep se kuilvoerafdeling, Exact Silage, te plant. Exact Silage is in 2021 in die lewe geroep en word besit deur Dewald en Kameeldrift Voerkraal, waarvan Burger Marais en Johan Kritzinger die eienaars is. Dewald glo dit maak sin om net die beste gehalte mielies, wat die beste bron van stysel, proteïen en ruvoer is, in te kuil.

Dieselfde dag wat die mielies, soja, hawer en/of sorghum vir kuilvoer geoes word, word dit met hoë-digtheid kompakteerders lugdig gebaal en in plastiek toegedraai om die risiko dat suurstof die kuilvoer kan beskadig, tot ’n minimum te beperk. Hierdie kompakteerders neem twee ure vanaf kerf tot die gekompakteerde vorm. Gereelde kuilvoermonsters word ook geneem en afwykings is relatief min.

Dewald glo sojaboonkuilvoer is ’n belowende produk en in dieselfde liga as lusern. “Sojaboonkuilvoer is vir ons splinternuut, maar die gehalte van die kuilvoer, met ’n konstante 20%-proteïenvlak, hoë verteerbaarheid en voedingswaarde, lewer ’n baal wat in dieselfde klas as ’n hoë-gehalte lusernbaal val.” Daarom word die prys deur die heersende lusernprys bepaal.

Die kuilvoerbesigheid help om risiko te versprei. Die Mpumalanga Hoëveld se midsomerdroogte is berug en die kuilvoerbale bied ’n goeie alternatiewe voeropsie. Sou ’n droogte byvoorbeeld vroeër toeslaan, kan dit kuilvoer beïnvloed, maar sal nie so ’n groot invloed hê op die kommersiële kommoditeite wat ‘normaal’ bemark word nie. ’n Latere droogte sal weer die kommersiële kommoditeite strem, maar nie so ’n groot invloed op die kuilvoerafdeling hê nie.

Die TW-groep het ook ’n kunsmis-afdeling wat in 2015 tot stand gekom het, nadat Sasol se kunsmisvermengingsafdeling gesluit is. ’n Vennoot was egter nodig en die landboubesigheid, TWK, was te vinde vir so ’n vennootskap. Vandag is die TW-groep se rol in hierdie vennootskap die ontvangs, meng, berging en versending van kunsmis, terwyl die fisiese rouprodukverkryging TWK se verantwoordelikheid is.

Sywaartse integrasie

Waar die TW-groep aanvanklik net ’n skaapboerdery was, het dit mettertyd verander in ’n diverse boerdery waarvan die totale aanplantings van kontantgewasse sowat 6 400ha beloop. Ongeveer die helfte daarvan is mielies en sojabone. Die res van die aanplantings sluit 200ha Sugargraze-sorghum en 150ha hawer in.

Al die sorghum en hawer word ingekuil en ongeveer 250ha mielies word ook daarvoor aangewend. Die bemarking van kommoditeite wat nie vir kuilvoer of die groep se voedselfabriek bestem is nie, word in derdes verdeel. ’n Derde van die oes word voor die seisoen bemark, ’n derde gedurende die seisoen en die laaste derde ná die seisoen. Die TW-groep het ook sy eie silo’s opgerig.

Die TW-groep pas minimumbewerking toe wat aan presisieboerdery gekoppel word. Wanneer hulle aanplantings beplan, word lande volgens ’n rooster ontleed en grondregstellings word uitgevoer om onttrekkings vir die volgende plantseisoen aan te vul.

’n Spuitprogram word saam met meganiese onkruidbeheer toegepas om die lande skoon te hou en hoofsaaklik nie-GMO mielies word aangeplant. Die bemestingsprogram is die afgelope twee jaar aangepas met roumateriale wat opgebreek word in stikstof, fosfaat en kalium. Die uiteindelike fokus is optimale wins per hektaar, wat beteken dat insetkoste so laag as moontlik gehou moet word.

Tegnologie is belangrik

Proewe word deurgaans gedoen om te sien of gesaaides meer doeltreffend verbou kan word. Waar toepaslik, word klassifikasies en grondontledings deurgetrek na die finale stroperkaarte om die data te vergelyk en die nodige regstellings te maak. Laer-potensiaal lande word vir sorghum- en haweraanplantings gebruik.

Die Bovelder- en kommersiële kuddes word op grond van die Bovelder-studiegroep se beginsels bestuur. Al die koeie, kalwers en bulle se inligting word verder op ’n sentrale stelsel op die plaas vasgevang. Bulle se DNA word getoets ter wille van seleksie, om inteling te vermy.

Die boerdery bemark drie-jaar-oue bulle, maar gebruik sy eie bulle vanaf ouderdom twee jaar op verse in die kudde. Hoewel besetting drie jaar gelede nie na wense was nie, het Dewald ’n verstelling aan sy voedingspraktyke gemaak met wintervoeding wat opgeskerp en lekke wat geëvalueer is. “Ons het vroeër voer begin uitsit en dit het ons diere se kondisie uit die somer langer laat hou en ook besetting verhoog.”

Opwaartse integrasie

Die Te Waters voeg verdere waarde tot hul graan met ’n springmielie-afdeling en voedselfabriek by Bethal. In die springmielie-afdeling word spring- of pofmielies vervaardig. Hoewel die produk onder die handelsnaam, Skopas, aan grootmaat-handelaars verkoop word, is die uiteindelike mark hoofsaaklik skoolkinders wat dit by die skool se snoepie sal koop.

Al die neweprodukte uit die proses gaan na die beesafdeling en niks word vermors nie. Die afdeling produseer maandeliks tussen 80 en 100 ton se pofmielies. Sowat drie jaar gelede het die TW-groep ook belê in ’n persmasjien waarmee hulle nou springmieliepoffertjies (puffs) en heelgraan-ontbytpap vervaardig.

Vir meer inligting, kontak Dewald te Water by 082 388 0082 of dewald@twgroup.co.za.

Vir meer inligting, kontak Dewald te Water by 082 388 0082 of dewald@twgroup.co.za.

Must read

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse is nie, maar wel plaashekpryse wat BTW uitsluit. Get the...

Shifting seasons lead to fire hazards

Estimated reading time: 4 minutes It is fire season. Several intense veld fires have been reported in various parts of the country, causing loss of winter forage and stored hay bales, but more tragically, have...
Cilo Cybin noteer op JSE

Landbougeleenthede bly belangrik – Plaas TV vertel meer

Estimated reading time: 2 minutes Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: 'n Mediese-kannabis-beleggingsmaatskappy genaamd Cilo Cybin Holdings Limited het onlangs op...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 28 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these prices calculated? The Red Meat Abattoir Association (RMAA) gathers pricing data...
Plaas TV, alternatiewe energie MPO stewardship

HSRC survey: SA Agribusinesses demonstrates innovation despite challenges

Estimated reading time: 4 minutes A recent survey conducted by the Human Sciences Research Council (HSRC) has found that over two-thirds of South African agribusinesses implemented innovative activities between 2019 and 2021, despite the disruptions...