#kuilvoerkoning
Die wenner in die mieliekuilvoerkategorie, Hano Lombard van Westend Landgoed ontvang sy sertifikaat Gerhard Diedericks, hoof van Santam Landbou, die naamborg van die kompetisie.

Met die bekendmaking van die kategoriewenners van die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie op die eerste dag van ALFA 2017, bou die afwagting op na die aankondiging van die 2017 Santam Landbou Kuilvoerkoning. Die aankondiging word Donderdagaand tydens die ALFA-dinee by die Afridome in Parys gemaak.

Deelnemers ding in drie kategorië mee om die titel van Kuilvoerkoning, naamlik mieliekuilvoer, sorghumkuilvoer en hawerkuilver. Die wenner in die mielie-kategorie was Westend Landgoed, terwyl die sorghum kategoriewenner Sparta Baby Beef van Marquard is en die hawerkategorie deur Danie Louw van Klipheuwel in die Wes-Kaap gewen is.

Volgens die voorsitter van die kompetisie se protokolkomitee, prof Robin Meeske, is die twee grootste faktore wat steeds tot kuilvoerverliese lei swak kompaksie van die boonste laag en kuilvoermielies wat te vroeg gesny word en dus te nat is. – Izak Hofmeyr, Veeplaas

kuilvoerontledings

Wat sê kuilvoerontledings vir ons?

Kuilvoerkonsultant gesels oor gesigbestuur

Santam Landbou #kuilvoerkoning-finaliste bekend

Kuilvoerkoning laat die wiele rol

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY