kuilvoerkoning

Twee studente van die Universiteit van die Vrystaat, Evan Macdonald en Kobie van der Walt, het oor ’n tydperk van drie weke die land platgereis om monsters op plase uit bunkers te neem vir die 2017 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie. Altesaam 10 350km is afgelê om 59 plase te besoek, waar monsters uit 77 kuilvoerbunkers geneem is.

“Alle monsters is nou geneem, waarna dit na ’n plaaslike en dan Amerikaanse laboratorium gestuur word. Die plaaslike laboratorium doen al die nodige toetse om die bolaagverliese, asook aërobiese stabiliteit, te toets. Die laboratorium in Amerika doen ’n volledige voedingswaarde-ontleding, wat insluit om die monster se fermentasie-eienskappe te toets,” sê Richardt Venter, koördineerder van die kompetisie.

Die finaliste word weer op hul plase besoek vir die finale beoordeling. Die Santam Landbou kuilvoerkoning sal later vandeesmaand @ ALFA 2017 aangekondig word. – Marike Brits, Veeplaas


NO COMMENTS

LEAVE A REPLY