Kuilvoerkenners sit koppe bymekaar

0
769

Hannes en Neels Neethling van die plaas Rooikoppies naby Rayton, Cullinan, is tydens ’n spoggerige prysuitdeling by Avianto in Muldersdrift as die 2015 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkoning gekroon. Die prysuitdeling is voorafgegaan deur die Santam Landbou Kuilvoerkonferensie, in samewerking met Veeplaas. Kundigheid was die wagwoord by dié konferensie, waar van die top kundiges in die bedryf gedagtes uitgeruil het. Die sprekers was Sello Ntjoboko van Sparta Baby Beef (2014 se wenner), Dieter Fleischmann van Afgri Veevoere, Nelani Roux van Vitam International, Richardt Venter, organiseerder van die kompetisie, prof Robin Meeske, voorsitter van die kompetisie se protokolkomitee en Kenneth Botha van Feed First.

Hulle aanbiedings is hier beskikbaar:

Richardt Venter Corn Shredlage®

Kenneth Botha The impact of using specialised nutrients through accurate analytical techniques

Robin Meeske Kuilvoer evaluasie

Nelani Roux Silage inoculants

Dieter Fleischman Kuilvoervariasiebeïnvloeddieetformulering

Van links is Albert Loubser van Veeplaas, Sello Ntjoboko van Sparta Baby Beef (2014 se wenner), Esmarie Moodie, organiseerder van die konferensie, Dieter Fleischmann van Afgri Veevoere, Nelani Roux van Vitam International, Richardt Venter, organiseerder van die kompetisie, prof Robin Meeske, voorsitter van die kompetisie se protokolkomitee, Niel Esterhuyse van Santam Landbou, Gerhard Diedericks van Santam Landbou en Kenneth Botha van Feed First.

Een van die hoogtepunte van die konferensie was ’n aanbieding deur die 2014 Kuilvoerkoning, Sello Ntjoboko van Sparta Baby Beef. Hy het in sy praktiese aanbieding oor die grootskaalse maak van kuilvoer belangrike praktiese bestuurswenke soos goeie kommunikasie, goeie leiding en vertroue, die slim bestuur van moegheid, goeie opleiding en goeie veiligheidspraktyke beklemtoon.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY