Kroonvee se veiling span die kroon

Estimated reading time: 3 minutes

Kroonvee-Brahmane van die Van Zyl-gesin van Reivilo, se onlangse produksieveiling was ’n groot sukses met ’n omset van meer as R7 miljoen. Die duurste bul is vir R160 000 van die hand gesit en 47 bulle is teen gemiddeld R78 851 verkoop. Negentien rooi Brahmanbulle is teen ’n gemiddelde prys van net meer as R71 000 verkoop, met die duurste bul wat R100 000 gekos het. Altesaam 45 verse is teen gemiddeld R48 377 verkoop, met die duurste vers wat R120 000 gehaal het.

Die Van Zyl-gesin skryf dié welslae toe aan die feit dat hul diere op enige plek in die land en selfs in buurlande kan aanpas om te produseer en reproduseer. Die uitstekende genetiese eienskappe van die diere maak dit ook vir kommersiële sowel as stoettelers moontlik om waarde tot hul kuddes toe te voeg en winsgewendheid te verbeter.

Lees meer oor Kroonvee-Brahmane hier.

Volle vertroue

Jan en sy twee seuns, Gideon en Jan (jr), staan aan die stuur van die stoetery van sowat 1 400 teelkoeie. Jan is stelselmatig besig om die boerdery aan sy twee seuns oor te dra. Hy sê: “Dit is nie omdat ek wil nie, maar omdat ek volle vertroue in hul vernuf en kundigheid het, en om hulle die geleentheid te bied om ‘n nuwe era in die Kroonvee-suksesverhaal te begin en verder te voer.”

Gideon sê hulle is in hul skik met die verloop van die veiling. Daar was geleenthede vir kopers van kommersiële tot stoettelers om in elke prysklas voortreflike diere aan te skaf.

Jan sê kopers kom elke jaar terug na hul veiling, omdat daar ’n vertrouensverhouding bestaan. As ’n teler by ons diere koop en hy is tevrede met die diere en die diens, is dit die beste advertensie vir Kroonvee.

Lees meer oor die onlangse Brahmangenootskap se toekenningsgeleentheid hier.

Bek-en-klouseer pla

Hy sê Afrika het Brahman-beeste nodig, maar ongelukkig kniehalter bek-en-klouseer hulle tans. Daar was omtrent 30 kopers uit Botswana en Namibië wat graag die veiling wou bywoon, maar dit is onmoontlik vir hulle om die diere soontoe te vat.

Jan (jr) sê hulle het daaraan begin werk om die swak eienskappe van die Brahman na sterk punte in hul kudde te verander deur te selekteer vir diere met ’n goeie temperament, hoë vrugbaarheid en goeie melk-eienskappe tesame met goeie uiers en spene. Hulle gaan hiermee aanhou om nóg beter aangepaste diere te teel. – Andries Gouws, Veeplaas

Vir meer inligting, skakel Jan by 082 444 5222 of epos: jan@kroonvee.com

Avoid unilateral changes to the employment contract

Estimated reading time: 4 minutes The employment contract can be of immense value to...

Snotsiekte: ’n Taai tameletjie

Estimated reading time: 5 minutes Snotsiekte is ’n dodelike virussiekte wat deur wildebeeste na...

Delictual duty of the SAPS to prevent crime, disorder and damage

Estimated reading time: 4 minutes In two recent cases, the High Court of Pretoria...

Vermy saalsere op jou veeperde

Estimated reading time: 5 minutes Een van die grootste probleme is met veeperde is...