Saturday, September 30, 2023

Komga-skou: Terug met mag en mening!

Estimated reading time: 2 minutes

Komga staan nie verniet bekend as die beesvleis-hoofstad van die Oos-Kaap nie, en vanjaar se 71ste Komga-landbouskou het ná ’n afwesigheid van drie jaar weens Covid-19, met ’n groot verskeidenheid aktiwiteite uitgeblink.

Vanjaar se skou het in die hartjie van Komga, tussen Oos-Londen en Stutterheim, plaasgevind en het behoorlik uit sy nate gebars met stalletjies, besoekers en die tentoonstelling van uitstaande gehalte groot-, klein- en pluimvee, asook perde.

Lees meer oor die onlangse 100ste Villiersdorp landbouskou hier.

Komga-skou Komga-skou Komga-skou
Komga-skou Komga-skou

Selfbehoud in onseker tye

Agri Oos-Kaap se hoof uitvoerende beampte, Brent McNamara, het produsente tydens die Komga-skou se ‘boere-brekfis’ toegespreek en klem gelê op landelike beveiliging en produsente se selfbehoud in ’n moeilike ekonomiese en politieke klimaat. Hy het onder andere gesê dat Agri Oos-Kaap voortdurend op soek is na oplossings en terselfdertyd ’n ernstige versoek aan produsente in die Oos-Kaag gerig om by georganiseerde landbou betrokke te raak.

Lees meer oor die nuwe Nampo Alfa-skou hier.

Plaas Media het tydens die verrigtinge met die skou se president, Les Trollope, gesels en hom ook oor die sogenaamde ‘bloktoets’ by die skou uitgevra. Hy het verduidelik dat dit vier speenkalwers behels wat vir vier maande deur die onderskeie produsente gevoer word en dan op die skou ten toon gestel en beoordeel word. Daar was vanjaar agt verskillende rasse op die skou, wat Bonsmara, Simbra en Beefmaster ingesluit het.

Les sê al die harde werk en beplanning vir ’n geleentheid soos die Komga-landbouskou, is deur en deur die moeite werd. “Dit bring die omgewing se mense by mekaar uit,” het hy gesê. “Niks is beter as om vriende in jou gemeenskap te hê nie, want niemand kan in isolasie boer nie.” – Carin Venter, Veeplaas

Vir meer inligting, kontak dr Les Trollope by 082 900 5565 of les.trollope@daimler.com.

Popular stories