Saturday, September 14, 2024

Kom saam: Bonsmara vier 60 jaar van uitnemendheid

Estimated reading time: 3 minutes

Die Bonsmara-ras is een van die mees suksesvolle en gewildste vleisbeesrasse in Suid-Afrika. Met 2023 agter die rug, sien Bonsmara SA met groot opgewondenheid uit na 2024 wanneer die ryk geskiedenis van dié ras gevier sal word.

Die afgelope 60 jaar het die Bonsmara die voortou in die vleisbeesbedryf geneem. Daarom kan Bonsmara SA met trots terugkyk na wat vermag is en met nuwe ywer die geleenthede van die toekoms aangryp.

Om hierdie mylpaal te vier, nooi die genootskap alle telers en belangstellendes uit om aan verskeie vieringsgeleenthede deel te neem. Hierdie geleenthede vind van 11 tot 13 Maart 2023 plaas en word by verskillende plekke in Parys in die Vrystaat gehou. Die program is só saamgestel dat telers sosiaal kan verkeer en netwerk, maar ook ernstige kwessies kan bespreek. Daar is ook geleentheid om van die land se top vroulike Bonsmara-diere uit elke streek aan te koop.

Bonsmara Classic-gholfdag

Die verrigtinge skop op 11 Maart met die Bonsmara Classic-gholfdag by Vaal de Gráce-gholflandgoed af. Die gholfdag beloof om ’n ontspanne sosiale geleentheid te wees waar telers en rolspelers in die bedryf mekaar kan leer ken.

Bonsmara SA moedig alle telers aan om deel te neem aan die dag, omdat hulle graag die veld wil vul met spanne waar telers self speel. Diegene wat nie self speel nie, kan steeds ’n span onder hulle stoetname borg en kommersiële telers nooi om namens hulle te speel. Genootskaplede wat slegs wil kom ondersteun, is welkom om die middag tydens die prysuitdeling aan te sluit en saam met die spelers te kuier. Die koste vir die gholfdag is R2 500 per vierbal, wat twee karretjies, middagete en aandete insluit. Landboubesighede kry ook die geleentheid om deel te vorm van die dag. Daarom kan putjies of bowwe teen R3 000 elk geborg word, terwyl ’n addisionele R2 000 se pryse geborg kan word. Die pryse kan geskenkte produkte wees of dit kan ’n kontantborg wees waarmee pryse vir die spelers aangeskaf sal word.

Kontak Louis Steyl by louis@bonsmara.co.za of 084 815 9487 om as speler of borg deel te neem.

Dié Rooi Ras-geleentheid

Die oggend van 13 Maart is dit tyd vir die Dié Rooi Ras-geleentheid wat ook by Stonehenge River Lodge plaasvind. Hier sal die gehoor weer inspirasie kan put uit besonderse sprekers. Prof Frikkie Maré, wat onlangs as uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie of RPO verkies is, sal onder meer ’n ekonomiese oorsig van die landbou- en die rooivleisbedryf gee. Hierdie geleentheid dien elke jaar as ’n onmiskenbare bron van inligting oor die veebedryf.

Nasionale veiling

Die hoogtepunt van die geleenthede sal die Bonsmara SA nasionale veiling wees. Dit word op Woensdag, 13 Maart, om 12:00 by die Afridome gehou. Die nasionale veiling sal telers weer die geleentheid bied om die room van hulle kuddes op ’n nasionale platform te koop aan te bied, sowel as om toegang tot nuwe, top genetika uit elke streek te kry. Ons nooi graag kommersiële telers uit om van hierdie een-stop genetikawinkel gebruik te maak om die beste vroulike Bonsmara-genetika ter wêreld aan te skaf.

Bonsmara SA sien daarna uit om 60 jaar van sukses saam met elke teler te vier! – Renate Louw, Plaas Media

Vir meer inligting, kontak Louis Steyl by louis@bonsmara.co.za of 084 815 9487.

Must read

red meat tomahawk steak

RMAA Price Information System report for week 36 2024

Estimated reading time: 2 minutes The Red Meat Abattoirs Association (RMAA) is an independent membership-based organisation, which was established in February 1991 with its primary aim being providing specialised training and technical support. The data provided...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 36 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these prices calculated? The Red Meat Abattoir Association (RMAA) gathers pricing data...

Melkvervangers vir varkies groei in gewildheid

Estimated reading time: 4 minutes Vervangers vir sogmelk is nog nie so gewild in Suid-Afrika soos in Nederland of Denemarke nie. Dit neem wel stadig maar seker in gewildheid toe, waarskynlik weens die groter werpsels...
Wikus tussen sy Dohne-Merino’s. (Foto: Stefan Strydom)

Topskaapboer floreer met ’n simplistiese lae-inset benadering

Estimated reading time: 7 minutes Wikus Bekker, ’n Dohne-Merino-boer van die plaas Geluksdam by Edenburg in die Vrystaat, se passie vir teling, en sy toewyding en meelewing in sy boerdery is die hoeksteen van sy...

RSG Landbou: 12 September – geborg deur BKB

Estimated reading time: 2 minutes Daar is verskeie tipes melk op winkelrakke te koop en die verbruiker het dikwels vrae oor onder andere, die voedingswaarde van gepasteuriseerde melk. In moreoggend se RSG Landbou beantwoord Maretha...