Kom kuier by die Jansenville-skou: ‘n Fees vir kleinveeliefhebbers

Estimated reading time: 3 minutes

Die Jansenville-skou, wat van 8 tot 9 Maart 2024 sal plaasvind, beloof om ‘n fees vir kleinveeliefhebbers en plattelanders in die Oos-Kaap te wees. PW Botha, ‘n Boerbokprodusent van formaat, is ook die skouvoorsitter en nooi alle stoet- en kudde-kleinveeprodusente om deel te neem.

Kleinveeskoue

Die program is belaai met pret en opwinding, waaronder Boerbok-, Angora- én Dorperskoue. Kleinveeprodusente: jy kan vir slegs R20 per bok vir die Dorperskou inskryf.

Om deel te neem aan enige van die veeskoue, kontak asseblief die volgende persone:

  • Boerbokke en Kalahari Reds (stoet en kudde) – PW Botha by 082 800 9310 of Marlé by 082 578 3785.
  • Dorpers – Dawie Viljoen by 082 561 8191.

Skougangers kan ook die Oos-Kaap se trotse Boerbok- en sybokhaarbedryf in al sy glorie beleef. Vanjaar se program sluit die Suid-Afrikaanse Sybokhaarvereniging se skou asook skoue van Boerbokke en Kalahari Reds (stoet en kudde) in.

Lees meer oor die Beaufort-Wes-skou.

Aandprogram

Die skou sal ook ‘n vermaaklike aandprogram bied, met ‘n optrede deur die sangeres, Andriëtte, en ‘n skaapspitbraai op Vrydag, 8 Maart. Die kaartjies vir die aand is vooraf beskikbaar, en daar sal ‘n kontantkroeg wees.

Kontak Marlé by 082 578 3785 om jou kaartjies vir die spitbraai en vertoning te koop.

Die Jansenville-skou is ‘n geleentheid om plattelandse gasvryheid te geniet en die gemeenskap te versterk. Dit is ook ‘n manier om meer oor kleinvee, gewasse en implemente te leer. Die skou is moontlik gemaak deur die bydraes en borgskappe van verskeie produsente en diensverskaffers. Plaas Media, die tuiste van Veeplaas, is die amptelike mediaborg van die skou en is trots om met plattelandse skoue van hierdie kaliber, geassosieer te wees.

Lees artikels oor die plase van twee van Jansenville-skou se organiseerders:


Smart lambing camps for profitable Boer goat farming

PW Botha lost his heart on Boer goats during childhood and today his love for this breed remains undeniable. Stockfarm recently visited his Eastern Cape farm, Slabertina, near Jansenville. PW believes that each goat has a unique personality. “They all have different temperaments and, besides their obvious intelligence, they just are a different type of animal to farm with. It gives me pleasure to work with them.”

According to him, Boer goats don’t have issues, except for their predisposition to walk far and climb through wire fences. Fortunately, he has a solution for this in the form of a drone that makes the tracking process much easier.


Oos-Kaap Boerbok-veldramprojek

Oubaas Slabbert het sewe jaar gelede die leisels van die boerdery op Osplaat aan sy dogter, Marlé Slabbert, oorhandig. Die Boerbok-ramme op Osplaat is deel van die Oos-Kaap Boerbokklub-veldramprojek. Carin Venter van Plaas Media het by Marlé besoek afgelê om meer hieroor uit te vind.

Onbetaalde skorsing as ‘n alternatief tot ontslag

Estimated reading time: 4 minutes Die Wet op Arbeidsverhoudinge,1995 (Wet 66 van 1995) (die...

’n Beplanningskalender vir herkouerprodusente

Estimated reading time: 8 minutes Veeplaas het by finansiële kenners gaan aanklop om uit...

Regverdige en billike vergoeding vir grond

Estimated reading time: 5 minutes Artikel 25(2) van die Grondwet van die Republiek van...

Predators and problem animals on South African livestock farms

Estimated reading time: 6 minutes Livestock producers face many challenges, such as predator-related losses....