Estimated reading time: 3 minutes
Hernubare energie speel al meer ‘n groter rol in Suid-Afrika se energielandskap. Hierdie oorgang begin meestal op die plaas, by die grondeienaar.
Vir grondeienaars bring dit egter nuwe vrae mee: Waarom nader ontwikkelaars produsente? Hoe word grond vir projekte gekies? En wat beteken dit prakties vir ’n bestaande boerderybedryf?
Volgens G7 Renewable Energies, ’n Suid-Afrikaanse ontwikkelaar van hernubare energieprojekte wat sedert 2008 in die sektor aktief is, is geskikte grond een van die belangrikste boustene van enige nuwe projek. Dit beteken egter nie dat elke plaas outomaties vir ontwikkeling geskik is nie.
Meer as net wind of son
Mense neem dikwels aan dat groot, oop stukke grond voldoende is vir ’n wind- of sonkragprojek. In werklikheid word verskeie faktore beoordeel voordat ’n terrein as lewensvatbaar beskou word.
Hoewel wind- en sonhulpbronne uiteraard belangrik is, kyk ontwikkelaars ook na netwerktoegang, omgewingsaspekte, terreinhelling, toegangspaaie en bestaande grondgebruik.
Een van die grootste uitdagings is dikwels nie die beskikbaarheid van wind of son nie, maar toegang tot die elektrisiteitsnetwerk. ’n Plaas kan oor uitstekende natuurlike hulpbronne beskik, maar indien dit te vêr van ’n geskikte kraglyn of substasie geleë is, kan ontwikkeling onekonomies wees.
As gevolg van dié rede begin die proses gewoonlik met ’n voorlopige evaluasie voordat enige verdere stappe oorweeg word.
Grondeienaars bly deel van die proses
’n Algemene wanopvatting is dat ontwikkelaars grond wil aankoop. In die meeste gevalle word projekte eerder deur middel van langtermyn-huurooreenkomste of serwituut-ooreenkomste ontwikkel.
Dit beteken dat die grondeienaar volle eienaarskap van die grond behou, terwyl bepaalde gedeeltes van die eiendom vir energie-infrastruktuur gebruik word, en dit is ook eers as ’n projek uiteindelik realiseer.
Vir produsente is dit belangrik om vroegtydig die regte vrae te vra en die implikasies van moontlike ontwikkelings deeglik te verstaan. Aspekte soos toegangspaaie, bestaande boerdery-aktiwiteite, vee, gewasse, waterpunte en sensitiewe gebiede moet alles in ag geneem word.
Elke plaas is uniek en vereis ’n pasgemaakte benadering.
’n Deeglike proses
Selfs wanneer grond aanvanklik geskik lyk, beteken dit nie noodwendig dat ’n projek gerealiseer sal word nie.
Voordat ’n projek kan voortgaan, word verskeie studies en goedkeurings vereis. Dit kan omgewingsondersoeke, tegniese studies, netwerkontledings en regulatoriese prosesse insluit.
Hierdie ontwikkelingsfase kan oor ’n paar jare strek voordat ’n finale besluit geneem word.
Grondeienaars moet dus verstaan dat die eerste gesprek bloot die begin van ’n proses is, wat nie noodwendig ’n onmiddellike verbintenis of sukses waarborg nie.
Is jou grond geskik?
Nie elke plaas sal geskik wees vir hernubare energie-ontwikkeling nie, maar vir sommige grondeienaars kan dit ’n bykomende langtermyn-inkomstestroom bied terwyl bestaande landbou-aktiwiteite voortgaan.
Die eerste stap is bloot om die potensiaal van die grond te laat evalueer.
Grondeienaars wat meer wil weet oor die moontlikhede vir windkrag-, sonkrag- of batteryopbergingsprojekte kan G7 Renewable Energies kontak vir ’n aanvanklike gesprek en of om hul grond te beoordeel. Evalueer jou grond vandag nog, dit is gratis!
Vir meer inligting, besoek www.g7energies.com/landowners, stuur ’n epos na land@g7energies.com of skakel 021 300 0610.




