Die soektog na die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkoning het weereens begin! Boere en kontrakteurs word genooi om deur hul insetverskaffers of individueel, in te skryf vir die 2016 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie.

Veeplaas en Santam Landbou besef die belangrike rol wat gehalte kuilvoer in herkouervoeding in bykans elke veevertakking in Suid-Afrika speel. Deelnemende veeboere regoor Suid-Afrika, se kuilvoergehalte sal wetenskaplik deur ’n paneel van onafhanklike kenners gemeet en beoordeel word.

Kry al die inligting wat jy nodig het hier.

Die neem van monsters begin in Julie 2016 en finaliste word in Augustus 2016 aangewys. Die kuilvoerkoning sal in September 2016 tydens ALFA 2016 by die Afridome in Parys gekroon word. Kontak Albert Loubser by 082 562 2188 of albert@veeplaas.co.za vir meer inligting.

Kuilvoerkoning FP 2016 - Nuut1

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY