Jongboerwenner is ʼn ambassadeur vir die Wes-Kaap

Estimated reading time: 4 minutes

Christi van den Heever (38) is onlangs as vanjaar se Agri Wes-Kaap/Santam Jongboer van die Jaar aangewys. Hy het die toekenning tydens ‘n spogfunksie by die Ashanti Estate naby die Paarl ontvang. Van den Heever boer die afgelope 15 jaar met appels, pere, kersies, wingerd en beeste en hy is die afgelope vyf jaar die bestuurder van Rietfontein Landgoed in die Koue Bokkeveld.

Ná ontvangs van die toekenning het hy aan Robert Graaff, die eienaar van Rietfontein Landgoed, erkenning gegee. Graaff het hom eienaarskap gegee en hom genoeg gerespekteer dat hy sy passie op die plaas kan uitleef.

ʼn Produsent is niks sonder sy mense

Volgens van den Heever het hy die toekenning namens Rietfontein Landgoed ontvang omdat hy dit nie op sy eie kon verower nie. “Ek kan nie suksesvol wees sonder my ongelooflike span mense op die plaas nie. ‘n Produsent is niks sonder sy mense nie,” het hy gesê.

Lees meer oor vanjaar se finaliste.

Hy het die ander ses finaliste aangemoedig om hul landboubesighede uit te bou en ‘n verskil in hul gemeenskappe te maak. Daarmee saam het hy Agri Wes-Kaap en Santam, hoofborg van die geleentheid, bedank dat hulle die kompetisie dryf. “Die jongboerkompetisie inspireer jong produsente en laat hulle in landbou groei. Dit is die toekoms van ons land,” het voeg hy by.

Langtermynvisie van volhoubaarheid

Van den Heever se langtermynvisie is om volhoubaar te boer en voortdurend te verbeter deur op hoogte van wêreldtendense te bly. Hy streef ook daarna om winsgewend en mededingend te wees. Die vernaamste veranderinge wat hy die afgelope vyf jaar in die boerdery teweeggebring het, is om produksiepraktyke te verbeter, infrastruktuur te ontwikkel en die winsgewendheid van die maatskappy te verhoog. Hy skryf sy sukses aan harde werk, goeie beplanning en aanpasbaarheid toe.

SA produsente se passie staan uit

Suid-Afrikaanse produsente word onderskei deur die passie wat hulle het vir dit wat hulle doen. Elkeen van vanjaar se sewe finaliste wat na die eindrondte van die Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar-kompetisie deurgedring het, is ʼn kampioen omdat elkeen van hulle die opdrag uitgeleef het om sy beste te doen en te wees, het Emile Pretorius van Santam gesê.

“Versekering begin net soos volhoubaar met die letter ‘v’. Die dag as jy ʼn slagoffer word van skade of ’n verlies ly, dan is versekering jou beste belegging in jou volhoubaarheid. Santam het van 2017 tot 2019 oor drie jaar altesame R40 miljard aan eise uitbetaal. In 2020 was dit R21,5 miljard, in 2021 R24 miljard en in 2022 R29,8 miljard. Hierdie uitbetalings verseker volhoubaarheid,” meen Pretorius.

Leer uit foute, kom sterker terug

Ian Cunningham, 2022 se Wes-Kaap Jongboer van die Jaar, het gesê die woord ‘landbou’ het ‘n spesiale betekenis vir hom. “Ons as produsente bou letterlik die land en daarmee bedoel ek ons bou skole, gemeenskappe en vriendskappe. Ons moet daarmee voortgaan.”

Lees meer oor Cunningham.

Hy voeg by dat dit ‘n voorreg is om ‘n finalis van die Jongboer-kompetisie te wees. “As jy nie gewen het nie, gebruik dit wat jy vanjaar van die beoordelaars geleer het en probeer weer. Jy het meer van jou besigheid en van jouself geleer. Neem ‘n jaar of twee en kom sterker terug.”

Finaliste is ambassadeurs

Inus Oosthuizen, sameroeper van die beoordelaarspaneel, het gesê al die inskrywings vir vanjaar se kompetisie was van ‘n baie hoë standaard. “Elke kandidaat kan trots wees op dit wat hy al in sy besigheid vermag het. Julle is nie net ‘n inspirasie vir die Wes-Kaap nie, maar ook vir ons hele land.” – Hugo Lochner, AgriOrbit

Must read

Kanola ervaar dinamiese oplewing

Estimated reading time: 7 minutes Die toekoms van die kanolabedryf in Suid-Afrika is vanjaar in een van die sessies van ‘Nasie in Gesprek’ by Nampo Kaap op Bredasdorp bespreek. Groei in die kanolabedryf, hoe...

RSG Landbou: 2 Oktober 2023 – geborg deur Plaas Media

Goeie nuus vir landbou en inwoners wat afhanklik is van water uit die Kougadam – sedert Maart vanjaar het die dam met meer as 50% gestyg. Rienette Colesky van die Gamtoos-besproeiingsraad gee terugvoer hieroor...

Cream of the crop recognised during yield competition

Estimated reading time: 2 minutes The best of the best was recently crowned at Grain SA’s Grow for Gold Awards ceremony held in Johannesburg. The awards are aimed at giving recognition to producers who...

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse is nie, maar wel plaashekpryse wat BTW uitsluit. Get the...

Get ready for the 2023 ARC National Beef Performers Awards

Estimated reading time: 6 minutes The Agricultural Research Council (ARC) will once again present its National Beef Performers Awards in 2023. This is the 45th instalment of the awards, the aim of which is...