Jong afslaers wys hul staal tydens Nampo 2016

0
2091
#youngauctioneers2017

Die finaliste in die onderskeie afdelings van die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie het tydens Nampo hul staal op die rostrum gewys. Deelnemers in die kategorie vir jong afslaers was op Donderdag, 19 Mei 2016, aan die beurt. Deelnemers in die jong afdeling is tussen die ouderdom van 20 en 25. Altesaam ses potensiële afslaers het hul staal op die rostrum gewys. Elke deelnemer het twee lotte in ‘n kammaveiling opgeveil. Diere is beskikbaar gestel deur Eran Limousins en hanteer deur leerders van die Mpumalanga-jeugskou.

Die beoordelaars het Paul van Vuuren, Zirk Coetzee en Steven Mathews na die eerste rondte as die top drie aangewys. Hulle moes na die rostrum terugkeer om nog ‘n lot op te veil voordat die beoordelaars hul finale besluit gemaak het. Die kompetisie was uiters straf en volgens die beoordelaars Deon Klopper van GWK, Len Bornman van BKB en Frik Verster van BKB van Wyk, is ‘n uiters hoë standaard gehandhaaf.

Na die finale rondte is Steven Mathews as die kampioen gekroon. Hy is geloof vir sy ongelooflike beheer van elke bod.

Sien hier wie in die ander finale rondtes as kampioen uitgetree het.Marike Brits, Veeplaas

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY