Jocharl Santa Gertrudis

Jocharl Santa Gertrudis hou op 16 Augustus vanjaar sy 23ste jaarlikse produksieveiling. Vanjaar se aanbod is baie spesiaal – vir die eerste keer bied ons nageslag van twee top Australiese bulle! Beweeg na die onderkant van die blad vir ‘n pragtige video oor die stoet.

Net die beste by ons veiling

DANGERFIELD TORNADO se eerste kalwers het alle verwagtinge oortref en ons bied graag een van sy top seuns en een van sy top verse op die veiling aan:

  • JC 14/103 (lot 44): Hy is ‘n jong bul met baie diepte, bespiering en ‘n kort skede.
  • JC 14/100 (lot7): Sy is ‘n uitstaande Tornado-dogter met baie potensiaal. Sy is dragtig van JC 12/92 (poena-bul)

GYRANDA CRACKERJACK word beskou as een van die top KI-bulle in Australië sowel as Brasilië. Ons bied een van sy verse aan, JC 14/97 (lot 6). Sy is ‘n donker vroulike vers met lengte en ‘n mooi uier. Ook dragtig van JC 12/92.

Belê in top genetika

Daar is ook ‘n saad-aandeel (strooitjies) in Jocharl Quisto 91/75. Hierdie bul is aangewys as die bul met die grootste invloed op die Santa Gertrudis-kudde in Suid-Afrika die afgelope 27 jaar.

Aanbod: Vroulike diere

42 top vroulike diere word aangebied. Geselekteer vir vrugbaarheid en melkproduksie.

  • 5 dragtige koeie (een verkoop ook met a verskalf)
  • 17 dragtige verse (dragtig van JC 12/92, poena bul).
  • 8 oop verse
  • 12 kommersiële vroulike diere ( 3 in 1)

Aanbod: Bulle

JC13/200 (Lot 41)

Daar is tien poena-bulle onder die aanbod van 30 stoetbulle. Hulle is almal geharde bulle wat op die veld grootgemaak is en nooit die binnekant van ‘n voerkraal gesien het nie. Hulle is almal vrugbaar getoets en gesertifiseer.

Ons glo dat die aanbod in beide die kommersiële en stoetboer se behoeftes sal voldoen. Moenie die geleentheid mis om van die land se top Santa Gertrudis-genetika te bekom nie.

Klik hier vir meer inligting en om die veilingskatalogus af te laai.

Vir navrae kontak 083 268 4875 of stuur ‘n epos na jocharl@lantic.net

JoCharl Stoet from White Motion Films on Vimeo.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY