Die 17de SA Nasionale Jeugskou word vanjaar van 2 tot 5 Oktober deur die Mpumalanga-jeugskou by die Morgenzon Landbou-akademie aangebied. Altesaam 384 kinders van tien streke gaan meeding om in hul onderskeie kategorieë as nasionale kampioene gekroon te word.

Volgens Willie le Roux, voorsitter van die Mpumalanga-jeugskou, word drie groot trofeë na afloop van die skou oorhandig – vir die streekspan met die meeste punte, die streekspan wat eerste al die nodige administrasie afgehandel het en die streekspan wat sy diere die beste versorg.

Gesprekke oor die SA Nasionale jeugskou op RSG Landbou.

Jeugskou voorsitter en jeug gesels, 16 Augustus 2016

Luister: Nasionale jeugskou 2016

Kennis en vaardighede

Die deelnemers spook dit onder andere uit in 15 statiese afdelings wat kulinêre kuns, suiwelbereiding, wedvlugduiwe, sierduiwe, konyne en hoenders insluit. In die statiese afdelings word die dier voorberei en staties geskou. In die afdelings vir varke, melkbokke, veselbokke, vleisbokke, wolskape, vleisskape, vleisbeeste, melkbeeste en perde word die diere voorberei en moet die deelnemers die diere in die skouring vertoon.

Leerlinge neem individueel of in groepe van drie aan die groepklasse deel. Die drie ouderdomsgroepe is junior junior (onder 10 jaar), junior (onder 14 jaar) en senior (onder 18 jaar). Die praktiese skoudemonstrasie word voorafgegaan deur ’n eksamen waar onder andere deelnemers se kennis van die dier, sy hantering en die bedryf getoets word. “Punte word toegeken vir kennis (20%) wat met die eksamen getoets word, die was en voorbereiding (30%) van die dier en uiteindelik die skou van die dier (50%).”

Topbeoordelaars van so ver as Port Shepstone, Clanwilliam en die Paarl sal die kinders in aksie beoordeel.

Streeksjeugskoue

Om vir die nasionale kampioenskapskou te kwalifiseer, moes leerlinge deur die jaar aan ’n verskeidenheid streeksjeugskoue deelneem. “Elke deelnemer moet in sy streek kwalifiseer en tot die streekspan verkies word. Leerlinge neem aan verskeie streekskampioenskappe deel waarna hul ’n gesamentlike bepalende punt kry,” sê Le Roux. Elke streekspan moet sy eie diere saambring om mee te skou en vanjaar gaan altesaam 332 diere tydens die skouweek gebruik word.

Volgens Le Roux is jeugskoudeelname ’n waardevolle ervaring vir enige kind. “Dit leer die kind dissipline, verantwoordelikheid, respek en natuurlik hoe om met diere te werk.” – Marike Brits, Veeplaas

Die Nasionale Landbou Jeugvereniging bedank graag vir Veeplaas, Mutual & Federal Agri, BKB, CMW, Monsanto SA en Tal-Tec vir hul finansiële en dienste-ondersteuning.

Vir meer inligting kontak Willie le Roux by 073 885 7388.

Volg ons op Facebook by SA Jeugskou en op Twitter by @sajeugskou.

Gesels saam by die hutsmerke #sajeugskou en #jeugskou2016.

Terugvoer van streekskampioenskappe:

Strawwe kompetisie by Agri-Expo Wes-Kaap jeugskou-kampioenskappe

Gautengse Jeugskouwenners

Deelnemers gesels oor die Middelburg-jeugskou

Mpumalanga se jeugskou-deelnemers wys hul staal

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY