Sunday, March 26, 2023

Interrasbeoordelaars verskerp hul vernuf

Estimated reading time: 2 minutes

Verskeie junior en senior beoordelaars het hul vernuf tydens die jaarlikse interrasbeoordelaarseksamen by Nampo 2022 opgeskerp.

Eksamen dien in sy doel

Jan de Jong, sekretaris van die Suid-Afrikaanse Interrasbeoordelaarsvereniging, sê dié eksamen is van groot belang, en bied aan interrasbeoordelaars die geleentheid om op hoogte te bly van die onderskeie rasstandaarde.

Dit stel skou- en rasgenootskappe, wat nasionale kampioenskapbyeenkomste aanbied, aan ’n wyer keuse van hoogs bekwame interrasbeoordelaars, bloot. Volgens De Jong word dié beoordelaars volgens hul kennis in rangorde geplaas, waarna dié genootskappe kies wie hulle op hul skoubyeenkomste gaan gebruik.

Lees meer oor Nampo 2022 hier.

Verskeie junior en senior beoordelaars het hul vernuf tydens die jaarlikse interrasbeoordelaarseksamen by Nampo 2022 opgeskerp.
Interrasbeoordelaars was dit eens dat die Angus-bul en -koeie oor uitstaande eienskappe beskik. Die hanteerders is Tiisetso Thlakudi en Katlegho More van die Roechama-stoetery. Foto: Christal-Lize Muller

Kundige beoordelaars

Vyf eksaminatore was verantwoordelik vir hierdie praktiese eksamen, wat deur agt senior en 13 junior interrasbeoordelaars afgelê is. De Jong sê dit is nie ’n teoretiese eksamen nie en daar word van die beoordelaars verwag om kundig te wees en hul beesrasse te ken. Daarbenewens moet hulle moet ook oor die nodige kennis van die basiese beginsels van interrasbeoordeling beskik. Dié beginsel behels die vergelyking van die posisie van ’n bul, koei of paar in ’n bepaalde beesras, met die posisie van ’n ander bul, koei of paar in hul bepaalde ras.

Volgens De Jong kan junior gekwalifiseerde interrasbeoordelaars tydens die eksamen na ’n senior vlak vorder indien hulle goed vaar. Senior beoordelaars is reeds op ’n senior vlak, tensy hulle as eksaminatore vorentoe aangestel word.

Die verwagting is dat elke beoordelaar ten minste twee keer elke drie jaar hierdie eksamen aflê om sodoende op hoogte te bly van die beesras en standaarde. Dit dra ook by tot ’n meer volledige rangordelys van beoordelaars, wat tot skougenootskappe se beskikking is.

Kyk na Plaas TV se Nampo-episode hier.

Angus-bul en -koei kraai koning

Meer as agt beesrasse het aan die eksamen vir interrasbeoordelaars deelgeneem. ’n Rooi Angus-bul en ’n swart Angus-koei, albei van die Roechama-stoetery van Gert, RC en André Malherbe van Hertzogville in die Vrystaat, is as die wenners in hul onderskeie klasse aangewys. De Jong sê die bul se goeie manlike eienskappe, breedte en diepte, en die koei se goeie vroulike eienskappe, kapasiteitsvermoë, lengte, diepte en besonderse goeie uier, is die eienskappe wat uitgestaan het. – Christal-Lize Muller, Plaas Media

Die veranderende Suid-Afrikaanse volstruisbedryf

Estimated reading time: 7 minutes Die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf is die wêreldleier in terme van...

Slaggate vir doeltreffende werking van onkruiddoders

Estimated reading time: 6 minutes Onkruiddoders behoort nie die enigste of laaste uitweg vir...

Driegasheerbosluise: Pak dié bloeddorstige spesie met handskoene aan

Estimated reading time: 4 minutes As draers van verskillende kiemspesies, kan bosluise siekteveroorsakend wees...

Hou jou windpomp aan die draai

Estimated reading time: 3 minutes Daar is baie maniere om water uit die grond...