Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) se prysindeks vir suiwelprodukte het gedurende April 2016 tot Julie 2016 met 11,8% tot ’n vlak gelyk aan die vlak van Februarie 2016 gestyg.

Hierdie styging, tesame met verwagte laer produksie by die twee grootste voorsieners van suiwel aan die internasionale mark, die Europese Unie en Nieu-Seeland, dui op die einde van die afwaartse tendens wat die afgelope 26 maande geheers het. Die prys van roumelk in die belangrikste melkproduserende lande het die afgelope 26 maande hierdie afwaartse tendens gevolg.

Die FAO se prysindeks vir suiwelprodukte, ’n belangrike aanduider van die makrotoestande in die internasionale mark, het van rekord hoë vlakke in Februarie 2014 met 53,8% na vlakke in April 2016 gedaal wat laer is as die vorige 83 maande. Hierdie daling is die derde groot prysverlaging in die prysindeks vir suiwelprodukte gedurende die afgelope dekade. Die vorige twee verlagings is elke keer deur beduidende stygings gevolg. – Sampro

Klik hier vir nog landbounuus.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY