InteliGro nou ook tot diens van Verre Noordelike produsente

118
InteliGro
Die InteliGro-span by die opening in Lydenburg. Van links is Maryke Kruger, administrasie, Lydenburg, Hentie Louw, gewasadviseur, Lydenburg, Johan Nienaber, streeksdirekteur: Noord, Gideon Hefer, besturende direkteur.

Met die amptelike opening van die InteliGro-depot in Lydenburg het produsente in die noordelike provinsies van Suid-Afrika (SA) nou direkte toegang tot ’n skatkis van holistiese en geïntegreerde landbou-oplossings en -produkte, gerugsteun deur tegniese kundiges, navorsing en tegnologie.

Vroeër die maand is die InteliGro-depot in Lydenburg amptelik geopen met ’n geleentheid wat die maatskappy se mense, oplossings en dienste aan landbourolspelers in Mpumalanga en Limpopo bekendgestel het.

Meer as 30 jaar se diens

Volgens Gideon Hefer, besturende direkteur, is InteliGro ’n landboumaatskappy wat al vir meer as 30 jaar diep spore in die landbou-chemiese- en gespesialiseerde plantvoedingsektore trap.

“Vir ons begin ál landbou se groot doelwitte – veral volhoubaarheid en voedselsekerheid – op die plaas. Ons fokus is daarom op produsente en hulle behoeftes. Ons wil deel wees van elke fase van gewasproduksie en om saam na oplossings soek wat die sektor in staat stel om volhoubaar te produseer.”

Met sy wortels diep in die land se graan- en vrugteproduserende gebiede, het InteliGro ’n paar jaar gelede besluit om ’n sterker teenwoordigheid in die noordelike provinsies te vestig. Die opening van die Lydenburg-depot is ’n daadwerklike stap in dié uitbreiding van dienslewering.

Johan Nienaber, streeksdirekteur: Noord, verduidelik dat hierdie depot die areas van Polokwane, Tzaneen, Hoedspruit, Witrivier, Nelspruit en Groblersdal bedien. “Vervoer is ’n groot oorhoofse koste in die landboubedryf. Met hierdie sentrale depot kan InteliGro produkte en oplossings teen die regte prys en op die regte tyd aan produsente lewer.”

InteliBio Solutions bied nóg meer aan produsente

Afgesien van ’n omvattende portefeulje wat bekende multi-nasionale en generiese verskaffers van gewasbeskerming-, plantvoeding- en biologiese produkte insluit, bied InteliGro vir produsente toegang tot ’n verskeidenheid innoverende oplossings.

“Met ons biologies-gefokusde benadering, InteliBio Solutions, kan produsente biologiese oplossings in geïntegreerde plaagbeheer insluit, veral waar uitvoermarkte dit vereis,” sê Janet Lawless van InteliGro. ’n Voorbeeld hiervan is CeraTrap®, ’n nuwe toevoeging tot die biologiese beheerportefeulje, waarmee produsente vrugtevliegpopulasies kan bestuur en skade aan boorde beperk.

Monitering van peste en plae is ’n verdere hoeksteen van InteliGro se geïntegreerde benadering tot gewas-oplossings, met die doel om peste betyds op te spoor en te beheer, en terselfdertyd die effektiwiteit van beheermetodes te bepaal.

https://www.agriorbit.com/die-inteligro-vkb-kragspan-is-nou-selfs-nog-sterker/

Cropwatch Africa en InteliGro se gesamentlike platform – gebruikersvriendelike tegnologie wat doeltreffende monitering moontlik maak – is ’n voorbeeld van hoe InteliGro-produsente kan help om drempelwaardes vir optimale plaagbestuur te bepaal. Dit vergemaklik rekordhouding, en grafiese voorstellings van populasiegetalle stel die produsent in staat om vinniger en meer akkurate besluite oor plaagbestuur te neem.

Effektiewe toediening speel ’n kritiese rol in effektiewe plaagbeheer, nie net om die kostes van ’n tweede toediening te voorkom nie, maar ook om opbrengsverliese as gevolg van swak beheer te beperk. “In hierdie verband is DropSight, ’n splinternuwe toep wat deposisie-effektiwiteit kwantifiseer, ’n uitsonderlike nuttige innovasie,” sê Lawless.

Intelekt Solutions vir gewas-oplossings

Verdere baanbrekerswerk word met Intelekt Solutions gedoen om die raaiwerk uit gewas-oplossings te haal deur middel van data-gedrewe besluitneming. Op verskeie proefpersele regoor die land word data onafhanklik en wetenskaplik ingesamel ten einde die regte tegniese oplossings vir produsente te bied. Hierdie proewe word al vir vier jaar op koring in die Swartland, drie jaar op gars in die Suid-Kaap en rygewasse in die somerreënvalstreek, gedoen. Volgens Lawless is ’n volgende stap om die gewasse wat in die Verre Noorde verbou word, deel te maak van hierdie projek.

InteliGro se verbintenis tot rentmeesterskap in terme van die verantwoordelike en veilige gebruik van produkte, het tot die ontwikkeling van spuitklinieke, opleiding van spuitoperateurs en kursusse oor die veilige hantering van gifstowwe gelei. InteliGro het ook ’n projek van stapel gestuur wat fokus op die veilige wegdoening van leë houers vir herwinning.

“Met hierdie projekte maak ons dit makliker vir produsente om voedsel veilig te produseer en moontlike risiko’s vir die omgewing, mense en diere te minimaliseer,” sê Lawless.

InteliGro is egter veel meer as ’n versameling van effektiewe, innoverende en nuttige oplossings. Die maatskappy se waarde-troefkaart is ’n span kundige, hoogs opgeleide en ervare gewas-adviseurs. “Met ons ‘Certified Crop Advisor- (CCA)’ program, streef ons om elke gewas-adviseur toe te rus om ’n vertroude besigheidsvennoot te kan wees wat op verskeie vlakke van ’n kliënt se besigheid insette te lewer en ’n daadwerklike verskil op die plaas kan maak,” verduidelik Lawless.

“InteliGro sien met groot opwinding uit na volhoubare en suksesvolle vennootskappe met produsente hier in die noorde van SA,” sluit Hefer af. – Persverklaring, InteliGro