HomeAgri NewsHoërskool Burgersdorp maak landbou prakties

Hoërskool Burgersdorp maak landbou prakties

Estimated reading time: 2 minutes

Hoërskool Burgersdorp, ‘n klein plattelandse skool met ‘n groot hart, het onlangs ‘n projek geloods om sy leerlinge meer prakties aan die landboubedryf bloot te stel. Die skool het verskeie landboukursusse aangebied wat deur kundiges aangebied is. Die leerlinge het oor veesiektes, skaapklas, en veehantering geleer.

Volgens Mimi Ferreira, ’n Fisiese Wetenskappe-onderwyseres by dié skool, is daar ’n behoefte geïdentifiseer vir ’n meer praktiese aanslag vir die leerlinge in die Fisiese Wetenskappe- en Landbou-klasse. “Dit is vir die skool belangrik om vir die leerlinge gehalte kursusse aan te bied en om van persone in die gemeenskap gebruik te maak om hul kennis met die kinders te deel.”

Die skool het ongeveer twee maande gelede begin werk aan ’n plan wat sal help om sy leerlinge deegliker voor te berei vir die landboulandskap daar buite. Burgersdorp het ’n sterk landbougemeenskap en daarom het die skool besluit om landboukursusse te begin aanbied waarby meer kinders aanklank sou vind.

Ferreira sê die kinders het baie baat gevind by die eerste drie kursusse wat op 26 tot 29 September aangebied is. Dr Johan Van Rooyen, Steynsburg-dierehospitaal se veearts en oud-lektor van Grootfontein Landboukollege, het die leerlinge as te ware op ’n praktiese reis geneem wat gehandel het oor veesiektes en die behandeling daarvan.

“Hulle was so geïnteresseerd en het die hele kursus met soveel geesdrif aangepak. Ons is baie dankbaar vir sy insette, asook dié van André Greyvenstein van BKB wat ’n intermediêre skaapklas aangebied het by Kesieberg Merinos, asook Kobus Grobler van die Nasionale Wolkwekersvereniging wat met die leerlinge gepraat het oor veehantering.”

Daar word in hierdie stadium meer gefokus op intermediêre kursusse met die oog daarop om van die leerlinge wat verder in ’n spesifieke rigting wil studeer, by te staan. “Ons beplan om vanaf 27 tot 30 November weer kursusse aan te bied. Die Blikkies is baie opgewonde oor hierdie nuwe projek en ons glo dit gaan nog groot hoogtes bereik”. – Carin Venter, Plaas Media

Katoen-verwysingsprys: Week van 13 tot 17 Mei

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde...

RSG Landbou: 20 Mei 2024 – geborg deur Nutrico

Die LlimaLethu-bemagtigingsprojek, wat op boere in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal gemik is, kom onder bespreking. Mihan Louw van African...

Onbetaalde skorsing as ‘n alternatief tot ontslag

Estimated reading time: 4 minutes Die Wet op Arbeidsverhoudinge,1995 (Wet 66 van 1995) (die WAV) eis dat die werknemer...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 19 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for...

Trotse tuiste van 21 veekampioenskappe – Bloemskou 2024

Estimated reading time: 2 minutes Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is...

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem...

Keep exploring...

The South African cattle and sheep market – Part 1: Supply

Livestock production in South Africa is as old as the hills. The sheep spotted by the first European seafarers on the South African coast...

The South African cattle and sheep market – Part 2: Demand

In the first part of this series we looked at the supply of sheep and cattle in South Africa and concluded that it decreased...