Hinterland se brandstofafdeling bestaan uit ongeveer 55 vulstasies wat meestal by die Hinterland takke geleë is. Die vulstasies verskaf petrol en diesel asook paraffien by sommige takke.

Dié vulstasies ondergaan tans ’n gedaanteverwisseling met die Hinterland Fuels handelsmerk wat uitgerol word, sowel as nuwe uniforms vir pompjoggies, ’n program om van die ouer pompe te vervang en infrastruktuur op te gradeer. Daarbenewens word daar beplan aan die uitrolprogram vir geriefswinkels om die aanbod aan te vul vir ons klante.

Hinterland Fuels se hoofverskaffer van brandstof is Engen, en met goeie rede. Daar is ’n magdom nuwe opkomende handelsmerke wat stelselmatig die bekende handelsname vervang, veral op die platteland. Die produk wat by sulke vulstasies beskikbaar is, kan van verskillende bronne af kom, soms lokaal geraffineer, soms ingevoer, soms gemeng. Die spesifikasie van die produk kan dus verskil van een aflewering na die volgende.

Deur Hinterland se verhouding met Engen word die klant verseker van ’n top-kwaliteit produk wat deurgaans aan die SANS 342/2016 standaard voldoen en boonop Engen se bymiddels vir Dynamic Diesel bevat.

Skoner en beter

Hinterland Fuels sal binnekort 500ppm diesel uitfaseer in lyn met die Clean Fuels 2 inisiatief wat daarop gemik is om lugkwaliteit te verbeter en te verseker dat Suid-Afrikaanse brandstof geskik is vir die nuutste tegnologiese enjinontwikkelings. Dit word vervang met Engen Dynamic Diesel 50ppm, wat slegs 10% van die swaelinhoud van 500ppm bevat. Dit is geskik vir ouer dieselenjins en geen verstellings is nodig vir die oorskakeling nie.

Brandstofverbruik word grootliks bepaal deur die kondisie van die enjin en ander eksterne faktore. Die diesel kan ook gemeng word met ander handelsmerkprodukte, alhoewel die effektiwiteit van die bymiddelpakket dan geaffekteer word.

Vir Hinterland gaan dit nie net oor die verskaffing van die beste moontlike produk aan klante nie, maar ook oor die bewaring van die omgewing. “Hinterland is ’n landboumaatskappy en die bewaring van ons omgewing is dus vir ons van kardinale belang. As ons die omliggende gemeenskap se welstand kan verbeter deur ’n skoner produk aan ons klante te verskaf, kom ons ons verantwoordelikheid na deur ’n bydra tot omgewingsgesondheid te maak,” verduidelik Derek Wolmarans, bestuurder van Hinterland se brandstof-afdeling.

Beter bymiddels

Bymiddels is ’n kwessie wat klante nie aldag van bewus is of verstaan nie en ons wil graag meer lig daarop werp. Die bymiddelpakket is multifunksioneel en bestaan uit neerslagbeheerkomponente wat ’n enjin se verlore krag onmiddellik begin herstel. Dit bestaan uit ’n reinigingsagent wat koolstofneerslae in die enjin verwyder, ’n anti-korrosieagent, ’n demulsifiseerder asook tegnologie wat skuim verminder sodat tenks vinniger volgemaak kan word.

Smeringsvermoë van diesel met ’n lae swaelinhoud is ook ’n faktor wat in ag geneem moet word, aangesien smering afneem namate die diesel se swaelinhoud verminder word. Smering is krities noodsaaklik vir die funksionering van die dieselpomp en inspuiters. In die geval van Engen Dynamic Diesel word die smeringsvermoë aangepas deur ’n komponent in die bymiddelpakket.

Moderne dieselenjins se toleransies is van so ’n aard dat ’n reinigingsagent absoluut noodsaaklik is om inspuiters skoon te hou en dus die noodsaaklike sproeipatroon te handhaaf en optimale dieselverbruik en skoon ontbranding te verseker.

Diesel is dus nie dieselfde by alle vulstasies nie, en dit bly ’n belangrike besluit vir motoriste en eienaars van swaar dieseltoerusting om die beste moontlike verbruik en lewensduur te verseker. – Persverklaring

Vir meer inligting kontak Derik Wolmeraans by derik.wolmeraans@hinterland via email, or call him on 018 464 7353.

Klik hier om uit te vind waar jou naaste Hinterland-vulstasie is.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY