Saturday, September 30, 2023

Hier is Vrystaat Landbou se 27ste jongboer-wenner

Estimated reading time: 2 minutes

Lukas Lessing (26) van Marquard is onlangs as die 27ste Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar aangekondig. Lessing boer alreeds vir ’n dekade.

Hy meen die feit dat sy pa hom van jongs af by belangrike besluite oor die boerdery betrek het, lewer nou positiewe resultate. Hy is tans die algemene bestuurder van die familieboerdery en bedryf hoofsaaklik die saaiboerdery (mielies, soja en sonneblom) en ’n kleiner veevertakking. Dié pa van twee huiwer ook nie om self in te spring waar dit nodig is nie en het al telkemale self plaaspaaie geskraap sodat die boerdery-aktiwiteite kan voortgaan.

Lees meer oor vanjaar se finaliste.

Die emosionele en finansiële welstand van hul werkers is vir Lessing belangrik en daarom word die werkers aangemoedig om insette tot die boerdery te lewer wat hulle ook bevoordeel. Prof Pieter Fourie, sameroeper van die beoordelaarspaneel en hoof van die Departement Landbou by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, meen die drie kandidate was puik en het die beoordelaars behoorlik laat kopkrap. “Dit is werklik drie voortreflike jongboere. Benewens die feit dat hulle afsonderlike boerderye professioneel hanteer word, is hulle ook elkeen ’n aanwins vir hul onderskeie gemeenskappe.”

Die ander jongboere teen wie Lessing meegeding het was Hennie Geldenhuys van Excelsior en Hansie Müller van Viljoenskroon. – Persverklaring, Vrystaat Landbou


Wees paraat: Saaddiefstal neem toe in die Vrystaat

Daar is nou ʼn groeiende tendens in die Vrystaat waar groot hoeveelhede saad gesteel word. Dr Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou (VL), noem dat daar onlangs drie insidente in onderskeidelik Bothaville, Reitz en Fouriesburg was. ʼn Arrestasie in die saak wat in Bothaville plaasgevind het, is in Reitz uitgevoer.

Plaas TV: Klimaatslim boerdery, AFMA Forum, Agbiz Graan- en Oliesade-simposium en Kubota-trekkers

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is...

Strategies for managing seasonal infertility in pigs

Estimated reading time: 7 minutes The phenomenon of seasonal infertility among pigs is real,...

Avoid unilateral changes to the employment contract

Estimated reading time: 4 minutes The employment contract can be of immense value to...

Snotsiekte: ’n Taai tameletjie

Estimated reading time: 5 minutes Snotsiekte is ’n dodelike virussiekte wat deur wildebeeste na...