Pierre Fouche, koper, en Willem van Huyssteen van Karoo-Ochse by die bul wat vir die hoogste prys van R75 000 op die Hendrik du Plessis Charolais-veiling verkoop is.

Die Hendrik du Plessis Charolais-veiling is op 15 Junie 2017 by die Piet Plessis-veilingskrale gehou. Al die diere op aanbod is verkoop en besondere hoë pryse is behaal.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys bul: R75 000 (Verkoper: Hendrik du Plessis. Koper: Pierre Fouche)
  • Gemiddelde prys bulle: R56 636
  • Gemiddelde prys bulkalwers: R18 125
  • Hoogste prys koei en kalf: R38 000
  • Gemiddelde prys dragtige koeie: R23 578
  • Gemiddelde prys koeie en kalwers: R28 890
  • Gemiddelde prys verse: R16 562

Aangebied deur: Karoo-Ochse Vryburg

Afslaer: Theuns Visser

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY