Hane kraai koning by Mpumalanga-pluimveeklub se skou

Estimated reading time: 2 minutes

Die Mpumalanga-pluimveeklub se Haneskou vir 2024 is onlangs met groot sukses in Middelburg aangebied. Die skou het met 11 uitstallers gespog wat met 120 inskrywings van 40 verskillende rasse aan dié skou deelgeneem het.

Dit is een van die enigste skoue in die land in sy soort wat net op hane fokus. Die haneskou is ’n jaarlikse gebeurtenis, maar is verlede jaar weens voëlgriep gekanselleer.

Volgens die voorsitter van die Mpumalanga-pluimveeklub en beoordelaar op die skou, Jaco van Wyk, was die gehalte van die rasse wat ten toon gestel is, baie goed, en die standaard van die kategoriewenners se hoenders bogemiddeld. Jannie Botha van Pretoria het ook hier beoordeel.

Lees meer oor die boublokke van ‘n lêhen-onderneming hier.

Die hoogtepunt van die dag was toe die Spaanse Veghoenderhaan, wat deur Gaylen Bettiol van Wakkerstroom geteel is, as die algehele wenner van die skou gekroon is. Jaco sê Gaylen is ’n kenner van dié spesifieke ras. Sy het in 2002 met hulle begin teel, met ’n lyn wat sy op ’n Kubaanse hen baseer wat sy destyds bekom het. Gaylen het al vele provinsiale en nasionale titels met haar hoenders verower. “Iets wat ook besonders is van haar hoenders is die feit dat hulle baie oud word,” meen Jaco.

Die Mpumalanga-pluimveeklub bestaan al etlike jare, en spog met 40 lede uit dié provinsie, Gauteng, KwaZulu-Natal en Limpopo. Die klub sien nou uit na die Mpumalanga-skou later vanjaar in Mbombela, en dan word die seisoen met ’n algemene jaarvergadering in November afgesluit. – Elmarie Smit, Plaas Media


Astral weer winsgewend

“Alhoewel die omkeerstrategie van Astral ’n duidelike sukses is, is die maatskappy se bestuur nie tevrede met die dun winsmarge wat hulle vir die eerste helfte van 2024 kon behaal nie.”

Chris Schutte, die uitvoerende hoof van Astral, het dié opmerking tydens ’n onlangse media-sessie gemaak.

Die Sybokhaarbemagtigingstrust: Ekonomiese vordering deur inklusiwiteit en diversiteit

Estimated reading time: 5 minutes Die Sybokhaarbemagtigingstrust funksioneer onder die sambreel van Sybokhaar Suid-Afrika en...

Cover crop mixes: Composition and species for summer

Estimated reading time: 7 minutes Soil health is a key objective when designing a cover...

Prickly pears as a grazing crop

Estimated reading time: 8 minutes The first prickly pears arrived in South Africa shortly after...

’n Belegging in prestasietoetsing verseker volhoubare kuddeverbetering

Estimated reading time: 4 minutes Diere se prestasie word bepaal deur hul genetiese samestelling sowel...