Estimated reading time: 2 minutes
Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:
- Agri-Expo, die oudste landbougenootskap in Suid-Afrika wat ook ‘n leidende rol speel by landbouskoue in die Wes-Kaap, is een van net twee organisasies wat lid is van die Statebond-landbougenootskap. Ons gesels vandag met Breyton Milford, die hoof uitvoerende beampte van die Agri-Expo, oor hierdie verhouding.
- The South African Sugar Association (SASA) recently reaffirmed that they are committed to a transformation agenda that prioritises sustainability and support for small-scale growers. Advocate Fay Mukaddam, SASA’s chairperson, now elaborates on this.
- Aartappels SA het onlangs sy jaarlikse kongres in Kaapstad gehou. Die tema van die kongres was 2050 is nou, wat op ‘n dringendheid vir verandering dui. Plaas Media se Hugo Lochner het hier met ‘n paar rolspelers gesels.
- Warm weer en warm kompetisie was kenmerkend van vanjaar se Thabazimbi Landbou- en Nywerheidskou wat van 11 tot 17 Julie plaasgevind het. Plaas TV het hier met ‘n paar rolspelers gesels.
- Die Landbounavorsingsraad, in samewerking met die Afrikanerbees Bosveld-studiegroep, het weer vanjaar ‘n beesskool vir produsente tydens die afgelope Thabazimbi-skou aangebied. Kyk die video vir terugvoer.
- Vergelegen Wynlandgoed in Somerset Wes, in samewerking met die WWF, oftewel die Wêreld Natuurfonds, het vroeg in Junie vanjaar ‘n opvoedkundige toer oor die Kaapse heuningby aangebied. Ons gesels met byeboer, Louis van Niekerk, hieroor. Hy tree al vir meer as 20 jaar as konsultant by Vergelegen op.
Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.
Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!
Klik op die YouTube-kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A
Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.