‘n Boer maak ‘n plan. Die gesegde lei nie verniet so nie. Innovasie is ‘n belangrike en noodsaaklike deel van landbou en ons sien ook gedurig hoe nuwe praktyke ontwikkel en geïmplementeer word. Maar wat is die moets en moenies by dié nuwe praktyke?

By die InteliGro Bethlehem-inligtingsdag stel InteliGro en ander rolspelers ondersoek in na die opwinding rondom dekgewasse. Daar word onder meer gesels oor die benutting van verskillende kultivars, anti-weerstandstrategieë vir die beheer van vals kommandowurm, nuwe produkregistrasies vir doeltreffende onkruidbeheer en toedieningstegnologie. Proewe word ook besoek om sake in praktyk te bespreek.

Die InteliGro Bethlehem-inligtingsdag vind op 25 April om 09:00 plaas. Stuur ‘n e-pos na coisf@inteligro.co.za of skakel 083 419 5757 vir navrae of om te registreer. Besoek www.intelichem.co.za vir meer.

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY