’n Ernstige probleem staar veeboere in ’n groot deel van die Kalahari in die gesig – fluitrotte. Sedert die goeie reën van die afgelope seisoen is daar so baie kos vir die rotte dat hulle teen ’n geweldige tempo aanteel. Daar word verwag dat die knaagdiere in die volgende seisoen tussen 30 en 40% van die gras gaan wegdra.

Sommige boere sê hulle tel tot 800 gate per hektaar waarin die rotte woon.

Wetenskaplikes sê sulke ontploffings in die rotbevolking kan net so vinnig ineenstort as wat dit ontstaan. Volgens eksperimente wat al in sulke toestande gedoen is, begin die rotte onder mekaar baklei omdat daar nie genoeg plek is vir almal nie. Dit is ook waarom die aanteelproses so vinnig weer kan afneem.

Die Kalahariboere is egter baie bekommerd omdat hierdie rotte tans hul diere se weiding opvreet – nie iets wat enige boer op sy plaas wil hê, veral ná ’n paar jaar van erge droogte nie. – Koos du Pisanie, Veeplaas

Klik hier vir nog landbounuus.

1 COMMENT

  1. Die antwoord lê dalk in biobeheer deur middel van uile. Daar behoort uilspesies in die Kalahari-gebied ook te wees. Ek verskaf skakels vir inligting wat boere kan opvolg indien hulle verdere inligting verlang of sou belangstel om ‘owl houses’ op te rig.
    FURTHER READING
    http://www.ewt.org.za/images/uploaded/workgroups/7Owl%20nest%20boxes.pdf
    Potter, L. 2004. Raptors for rodent control: Is the Barn Owl a viable control agent for pest rodents on South African farmlands? Unpublished MSc Thesis. University of Cape Town, Cape Town.
    Text by Andrew Jenkins
    For further information, please contact: Birds of Prey Programme
    Tel: +27-(0)11-372 3600
    Fax: +27-(0)11-608 4682
    Website: http://www.ewt.org.za
    E-mail: raptor@ewt.org.za
    LINK:https://www.ewt.org.za/species%20factsheets/bop/new/Barn%20Owls%20and%20biocontrol.pdf
    LINK: http://www.barnowltrust.org.uk/barn-owl-nestbox/barn-owl-nestboxes/
    LINK: http://www.birdlife.org.za/get-involved/owl-boxes

LEAVE A REPLY