HomeAdvertorialsFinaliste in die tiende Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie aangekondig

Finaliste in die tiende Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie aangekondig

Estimated reading time: 4 minutes

Plaas Media vier vanjaar ‘n hele tien jaar van sy Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie en kondig met trots die finaliste in die 2023 kompetisie aan. Vanjaar se kompetisie het 102 inskrywings ontvang wat bestaan het uit 72 mielie-, 16 hawer- en 14 voersorghum-inskrywings. Hierdie inskrywings is opgemaak uit 72 bunkers, 22 sakke en agt kuilvoerbale. Kuilvoerbale word sedert 2022 in die formele groepe ingesluit, mits dit in die mielie-, sorghum- of hawerkategorieë ingeskryf word.

Lees hierdie persverklaring in Engels hier.

Vanjaar se inskrywings

‘n Totaal van 23 maatskappye het hulself of hul kliënte in hierdie jaar se kuilvoerkompetisie ingeskryf. Die maatskappye wat ingeskryf het was Stratford Farming, Exact Silage, AFGRI Veevoere, Sentraal Suid Koöperasie (SSK), Nova Feeds / Quantum Foods, Meadow Feeds Natal, Heinz Boerdery, Kemin Industries, Strapping & Profile Manufacturers, Nutribase, Witwildt CC, TWK Agri, Sparta Beef Marquard, Sparta Beef Taaiboschbult, Budissa Bagger, Pioneer Saad, Pannar Saad, Lake Agriculture, Summer Crest Trading, Faber Familietrust, Winterstorm Investments, Hulley Brothers en Simpson & Son Farming.

Lees meer oor die Santam kuilvoerkompetisie hier.

Borge

Die hoofborg van vanjaar se kuilvoerkompetisie was weereens Santam Landbou, wat sedert die aanvang van die kompetisie as naamborg optree. Die prysborge is Pannar Saad, Kemin Industries, Strapping & Profile Manufacturers, Nutribase, Pioneer Saad, TWK Agri en ‘n nuwe borg, Orkel. Die laboratoriumborg vir die monsterontleding is Labworld.

Monsterneming

Die monsterneming is deur twee nagraadse Veekundestudente van die Universiteit van Pretoria gedoen. Die studente is Jan-Hendrik Blignaut en Phillip Pretorius. Richardt Venter van AgSci Unlimited, die kompetisie se mede-koördineerder, het die studente tydens ‘n spesiale opleidingsdag in die monsternemingsproses opgelei.

Die monsters is deur dr Elrisa Taljaard en haar span by Labworld getoets. Die data-ontleding is deur die beskermheer van die kompetisieprotokol, prof Robin Meeske, van die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Outeniqua Navorsingsplaas gedoen.

Ontmoet die finaliste

Daar is drie formele kategorieë waarin finaliste aangekondig word, naamlik mielie-, voersorghum- en hawerkuilvoer. Daar is een oop kategorie waarin ander gewasse ingeskryf kan word, maar geen finaliste word daarvoor aangekondig word nie en daar word ook geen wenner aangewys nie. Hierdie inskrywings ontvang slegs ‘n verslag met hul kuilvoerontleding.

Vanjaar se mieliekuilvoerkategorie het gespog met ou bekendes wat weer deelgeneem het. Hier is die mieliekuilvoer-kategoriefinaliste in alfabetiese volgorde:

Uitstekende resultate is in die kleingraan-kuilvoerkategorie behaal. Hier is die kleingraan (hawer)-finaliste in alfabetiese volgorde:

Hier is vanjaar se voersorghumkuilvoerfinaliste in alfabetiese volgorde:

Die wenners sal tydens ‘n kuilvoerkongres wat op 28 November in Pretoria plaasvind, aangekondig word. Die wenners sal ook op ons verskeie sosiale media-platforms bekendgemaak word. Maak dus seker jy hou die Plaas Media-, Veeplaas Tydskrif- en Stockfarm Tydskrif-Facebookblaaie op die dag dop! – Press release, Plaas Media

Vir meer inligting rakende die kompetisie, 2023-inskrywings, of ander navrae, kontak Deidré Louw by 066 231 2430 of epos deidre@plaasmedia.co.za

Veesiektes aangemeld gedurende lente 2023

Estimated reading time: 7 minutes Die volgende veeartspraktyke en laboratoriums (132) het gedurende die lentetydperk van September tot Oktober...

Van aartappelsiektes tot suiwel – Plaas TV bespreek dit alles

Estimated reading time: 2 minutes Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 48

The weekly pork carcass price is brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 4 minutes Johan van den Berg ken sy storie as dit by die weer kom. Hy...

Dutoit celebrates 130 years in South Africa

Estimated reading time: 5 minutes The Dutoit Group is celebrating 130 years as a leader in South African agriculture....

RSG Landbou: 7 Desember 2023 – geborg deur Plaas Media

Die wenners van die 2023 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie is op 28 November in Pretoria bekendgemaak. Daar was soos...

Keep exploring...

Bekamp ensoötiese aborsie op jou plaas

Estimated reading time: 5 minutes In ons geveg teen die verskeidenheid dieresiektes wat produktiwiteit op plase bedreig, is kennis van die werking, kliniese tekens...

Veldbultoetsing vir veldaangepastheid

Estimated reading time: 3 minutes Ongeveer 75% van Suid-Afrika se oppervlakte bestaan uit veld. As die mens hierdie veld wil benut, moet hy dit...