Saturday, April 1, 2023

Entstof-krisis – wenke teen bloutong

Estimated reading time: 2 minutes

’n Tekort aan bloutong-entstof was vir die afgelope paar maande sterk in die nuus en daar is op baie platforms gal gebraak hieroor. Gevolglik het produsente planne beraam vir wanneer entstof onbekombaar is.

Volgens bekende veearts dr Danie Odendaal lê die groot stryd nog voor. Hy voorspel dat die landbousektor groot uitbrekings in Maart en April, na die reënseisoen, te wagte kan wees. Hy het boere gewaarsku om vroegtydig op te tree en goed te beplan om bloutong uit hulle kuddes te hou.

Prof Gareth Bath en dok Faffa Malan, twee gerekende kleinkveekundiges, het in samewerking met RuVasa en die Livestock Welfare Co-ordinating Committee (LWCC) interessante wenke gegee om die impak van die siekte te verminder. Hulle het beklemtoon dat enting die beste voorsorgmaatreël is, maar daar is tog ook maniere om te keer dat die siekte in jou kudde uitbreek as die entstof nie beskikbaar is nie.

Lees meer oor hoe om bloutong te diagnoseer hier.

Produsente kan die volgende maatreëls toepas:

  • Bly weg van ongeregistreerde middels, entstowwe en boererate.
  • Verminder die kontak tussen muggies wat die virus versprei deur die skape op plekke te laat wei waar daar nie ’n muggieplaag is nie.
  • Diere wat voorheen geënt is, is minder vatbaar vir die virus as jong lammers wat nog nie geënt is nie. Daarom het die lammers spesiale sorg en aandag nodig.
  • Mens moet in gedagte hou dat die virus in die beeste kan vermeerder.
  • Muggies broei in klam dele soos vleie uit. Dit is wenslik dat sulke areas vermy word, veral in die nag wanneer muggies baie aktief is.
  • Indien dit moontlik is, kan die waardevolle diere soos ramme, van laatmiddag tot laatoggend in ’n beskutte skuur gehou word. Openinge kan met net toegemaak word en met insekwerende middel gespuit word om muggies uit te hou.
  • Skape kan met geregistreerde insekmiddels oor die kop en bene gespuit word. Middels wat deltametrien bevat is die beste hiervoor.
  • Elke plaas en distrik verskil van mekaar en daarom is dit wenslik om die veearts se raad in te roep.
  • Behandeling van aangetaste skape berus op goeie versorging, sagte kos en indien nodig, toepaslike antibiotika en pynstillers. – Koos du Pisanie, AgriOrbit

Must read

Service plans are a sound investment

Estimated reading time: 4 minutes “You remember the Boy Scout guy is coming at two?” asked Mbali as I ended another fruitless call to find bluetongue vaccine. “You mean the boy who is scouting you...

Kom kyk na Kubota se nuwe masjiene by Nampo 2023

Estimated reading time: 4 minutes Smith Power Equipment en Kubota stel hierdie jaar tydens Nampo-oesdag van 16 tot 19 Mei 2023, twee opwindende nuwe produkte ten toon. As jy in die mark is vir...

Geheime vir groter sojaboon- en mielie-opbrengs by sojadag gedeel

Estimated reading time: 5 minutes Die kombinasie van die natuur, wetenskaplike ontledings en ‘n behoorlike kennis oor sojabone en mielies se behoeftes, is baie belangriker as om blindelings net nóg insette toe te dien....

#flashbackfriday Plaas TV 28 – 31 March

Estimated reading time: 2 minutes This week Plaas TV brought viewers more interesting content, and this is #flashbackfriday. Below is a recap of the week’s episodes:  A fourth generation phytase was recently launched in South...

Topgehalte karkasse bevoordeel die vleisbedryf

Estimated reading time: 3 minutes Die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging (SAFJA) spits hom vir twee dekades al daarop toe om, in samewerking met verskeie betrokkenes, die plaaslike beesbedryf te bevorder. Malcolm Moodie, voorsitter van SAFJA, sê...