Saturday, April 1, 2023

EndoMaxx®:Doeltreffende mikrobes verseker groter opbrengste

Estimated reading time: 4 minutes

Die optimale werking van wortels lei tot optimale potensiaal in gewas-opbrengste, en is nou binne produsente se bereik. EndoMaxx® van Philagro maak dit moontlik vir verskeie rygewasse om beter te presteer.

EndoMaxx® bevat vier verskillende mikorisa-swamspesies wat elk hul eie spesialiteit na vore bring. Hierdie mikorisa word met planttyd toegedien en leef in ‘n simbiotiese verhouding met die plantwortels wat die doeltreffendheid van die wortelstelsel dramaties verbeter. Dit lei tot verskeie voordele en maksimeer die opbrengspotensiaal.

EndoMaxx® is ‘n 100% biologiese produk uit die Mycorrhizal Applications-stal in Amerika. Dié maatskappy word as wêreldleier in mikorisa-produkte beskou en is wêreldwyd aktief. Die maatskappy is onlangs deur die Sumitomo Chemical-groep oorgeneem en EndoMaxx® word reeds met groot sukses in die res van die wêreld aangewend.

Dit is ‘n natuurlike, organiese produk en owerhede moedig die gebruik daarvan aan, aangesien dit volhoubaarheid van die omgewing en voedselsekuriteit bevoordeel. Dit sluit aan by die Europese benadering vir volhoubare biologiese en organiese (biorational) insette wat doeltreffende resultate lewer, grondgesondheid bevorder en veilig in die omgewing aangewend kan word.

‘n Onlangse studie toon dat die gebruik en gewildheid van mikorisa jaarliks aansienlik groei. Die totale mikorisa-mark wêreldwyd het in 2019 reeds ‘n waarde van ongeveer US$268 miljoen bereik.

Hoe werk EndoMaxx®?

Die voordelige EndoMaxx®-swamme ontwikkel swamdrade wat as hifes bekendstaan. Hierdie swamdrade dring klein grondruimtes, waar die gewas se wortels normaalweg nie kan bykom nie, binne. Die hife-netwerk beteken dat die benutbare worteloppervlak uitgebrei word.

Die woord ‘mikorisa’ beteken letterlik ‘swam en wortel’ en die ontwikkeling van dié swamme gee aanleiding tot ‘n wedersydse voordelige verwantskap tussen die swam en die plant.

Die produk hou verskeie voordele in:

  • Registrasie: EndoMaxx® beskik oor ‘n Groep 3-registrasie op peulgewasse, somer-graangewasse, aartappels en sonneblomme. Produsente kan die produk met gemoedsrus toedien.
  • Rakleeftyd: Die produk beskik oor ‘n uitstekende 24-maande rakleeftyd sonder enige spesiale verkoeling, wat ‘n topgehalte formule bevestig.
  • Samestelling: EndoMaxx® bevat vier verskillende mikorisa-spesies en elkeen dra sy genetiese spesialiteit tot die produk by. Dit gee EndoMaxx® die vermoë om onder verskeie omstandighede optimaal te funksioneer.
  • Groter opbrengste: Die produk het die potensiaal om tot ‘n beduidende verhoging in bemarkbare opbrengs te lei wanneer dit volgens die geregistreerde etiket aangewend word.

Bykomend tot die welbekende voordele van mikorisa vir plantgesondheid, het dit ook ‘n positiewe uitwerking op grondgesondheid. Mikorisa produseer ’n glukoproteïen genaamd glomalien, wat ’n stabiele grondomgewing verseker deur gronddeeltjies te aggregeer. Glomalien dra by tot verbeterde wortelpenetrasie, grondsuurstofvlakke en verlaagde kompaktering.

Resultate op gewasse in Suid-Afrika

Philagro se jarelange, voortgesette navorsing op verskillende gewasse het positiewe resultate met peulgewasse soos droëbone, groenbone, ertjies, keker-ertjies, sojabone en klawer, asook mielies, sorghum, aartappels en sonneblomme opgelewer. Hierdie gewasse verskyn reeds op die geregistreerde etiket.

Na verskeie statistiese veld- en demonstrasieproewe kan ons bevestig dat veral sonneblomme en aartappels in Suid-Afrika baie goed op EndoMaxx®-toedienings reageer. ’n Gemiddelde opbrengsverhoging van tot 600kg/ha en 1,1 ton/ha by onderskeidelik sonneblomme en aartappels, het oor verskeie streke en seisoene gerealiseer. Hierdie verhogings wissel uiteraard tussen gebiede en klimaatstoestande, en kan dus nie gewaarborg word nie.

EndoMaxx® word in die plantvoor teen ‘n dosis van slegs 10g/ha toegedien. Aartappelmoere kan ook doeltreffend met EndoMaxx® behandel word. Die produk se mengbaarheid met ander landbouprodukte is belangrik, aangesien ons praktiese uitvoerbaarheid vir produsente moontlik wil maak. Hierdie is juis ‘n aspek waarin EndoMaxx® uitblink, met tegniese ondersteuning vanaf Philagro.

EndoMaxx® word in gerieflike 100g-pakkies bemark en sal gedurende 2022 hoofsaaklik deur Laeveld AgroChem en Farmers Agri-Care bemark word. – Bennie Buys, produkbestuurder: onkruiddoders Philagro SA, en Jaco Marais, produkbestuurder: rygewasse – biorasionale produkte, Philagro

Raadpleeg ten alle tye die EndoMaxx®-etiket vir volledige gebruiksaanwysings. Vir meer inligting oor EndoMaxx®, besoek www.philagro.co.za.

EndoMaxx® (Reg. nr. M200, Wet 36 van 1947), bevat arbuskulêre mikkorrisa-swamme (Rhizophagus irregularis (5 625 propagule/g), Claroideoglomus luteum (5 625 propagule/g), Claroideoglomus claroideum (5 625 propagules/g) en Claroideoglomus etunicatum (5 625 propagules/g). EndoMaxx® is ʼn geregistreerde handelsmerk van Mycorrhizal Applications LLC, Grants Pass, Oregon, Amerika.

Philagro Suid-Afrika (Edms) Bpk (Reg. nr.: 98/10658/07)

PostNet Suite #378, Privaatsak X025, Lynnwoodrif, 0040

Pretoria: 012 348 8808 l Somerset-Wes: 021 851 4163

Popular stories