Estimated reading time: 5 minutes
Sojabone en sonneblomme is twee van Suid-Afrika se belangrikste somergewasse en word jaarliks in verskeie dele van die land verbou.
Die nasionale sojaboonaanplanting het, volgens die Oesskattingskomitee se syfers, van 827 100ha in 2021 tot 925 300ha in 2022 gestyg. Dit verteenwoordig ‘n jaarlikse toename van 10,7%. Die jongste vooruitskatting ten tyde van publikasie van hierdie artikel, dui op ‘n verdere toename in sojaboonaanplantings van 19,5% tot 1 148 300ha vir 2023. Alhoewel sonneblomaanplantings in 2021 met 33,3% tot 670 700ha in 2022 vermeerder het, word ‘n effense daling tot 555 700ha in aanplantings vir 2023 verwag.
Uitdagings vir die bedryf
Sojaboon- en sonneblomprodusente staar verskeie uitdagings in die gesig. Dit sluit in hoër insetkoste (bv. kunsmis, brandstof, saad en landbouchemikalieë), klimaats- en omgewingsfaktore, die huidige energiekrisis, hoë rentekoerse en sosio-ekonomiese onsekerhede. Daar is egter ook geleenthede wat produsente kan benut.
Byvoorbeeld, met meer as die helfte van die wêreld se sonneblomproduksie wat uit Rusland en Oekraïne kom, het die oorlog ‘n beduidende impak op wêreldwye beskikbaarheid. Met ‘n mededingende landbousektor kan die Suid-Afrikaanse produsent voordeel trek uit die verhoogde aanvraag en kompeterende gewaspryse (Figuur 1). Die potensiaal van nuwe uitvoermarkte na die Ooste is ook ‘n aantreklike opsie vir produsente wat hierdie markte wil betree.
Figuur 1: Sonneblom-, witmielie- en sojaboonprys oor tyd (SAFEX, 2023).
Die top drie provinsies vir beide sojaboon- en sonneblomverbouing word in Tabel 1 aangedui. Dit is nie net belangrik om gemiddelde sojaboon- en sonneblomopbrengste te verhoog om aan die vraag te voldoen nie; dit moet ook koste-doeltreffend en winsgewend in vergelyking met ander rygewasse geskied. In die geval van beide gewasse is ‘n goeie, konsekwente, gemiddelde opbrengs per hektaar noodsaaklik.
Tabel 1: Provinsiale sojaboon- en sonneblom-aanplantings en opbrengsdata volgens die Oesskattingskomitee se beramings (Mei 2023).
EndoMaxx® bied die antwoord
Philagro Suid-Afrika (Philagro SA), ‘n filiaal van Sumitomo Chemical in Japan, bied waarde vir die produsent en dra by tot volhoubare landboupraktyke wat die omgewing beskerm. As gevolg van die dringende behoefte van sojaboon- en sonneblomprodusente aan geregistreerde insette om gemiddelde opbrengste te verbeter, het Philagro SA oplossings ontwikkel en beskikbaar gestel.
Een hiervan is EndoMaxx®, wat uit vier gespesialiseerde endomikorisa-swamspesies bestaan. Hierdie mikrobes vorm ‘n simbiotiese verhouding met die wortelstelsel van gasheerplante en help met die beskikbaarheid en opname van nutriënte en vog, asook die verbetering van grondstruktuur in die wortelsone.
Die mikorisa in EndoMaxx® kan doeltreffend in ‘n verskeidenheid van verbouingsisteme en omgewingstoestande werk. Toegang tot vog kan gedurende die komende seisoen in verskeie areas krities wees weens droë klimaatstoestande wat droogtestres op gewasse kan veroorsaak.
Jare se ontwikkelingsdata wat deur soliede wetenskap en goeie landboupraktyke gegenereer is, toon die opbrengsvoordele wanneer EndoMaxx® op sojabone en sonneblomme aangewend word (Figuur 2). Die geregistreerde dosis van 10g/ha is van toepassing en kan op sonneblom verdubbel word.
Figuur 2: Opbrengs tussen die kontrole (plaasstandaard) en EndoMaxx® behandeling uit proewe in verskeie streke. Neem kennis dat alle proewe onafhanklik uitgevoer is.
Deur die opbrengs van sojabone en sonneblomme te verbeter, help EndoMaxx® produsente om meer uit hul gewasse te kry. Dit kan moontlik meer inkomste beteken.Boonop dra die mikorisa-spesies in die formulering by tot die verbetering van grondgesondheid en vorm ‘n belangrike deel van ‘n algehele grondgesondheidstrategie.
EndoMaxx® is teen ‘n mededingende prys beskikbaar in gerieflike 20- en 100ha-verpakkings. Kontak Jaco Marais by 072 390 3547 of jaco.marais@philagro.co.za vir navrae.
Raadpleeg ten alle tye die EndoMaxx®-etiket vir volledige gebruiksaanwysings. Vir meer inligting oor EndoMaxx®, besoek www.philagro.co.za.
EndoMaxx® (Reg. nr. M200, Wet 36 van 1947), bevat arbuskulêre mikkorrisa-swamme (Rhizophagus irregularis (5 625 propagule/g), Claroideoglomus luteum (5 625 propagule/g), Claroideoglomus claroideum (5 625 propagules/g) en Claroideoglomus etunicatum (5 625 propagules/g). EndoMaxx® is ʼn geregistreerde handelsmerk van Mycorrhizal Applications LLC, Grants Pass, Oregon, Amerika.
Philagro Suid-Afrika (Edms) Bpk (Reg. nr.: 98/10658/07)
PostNet Suite #378, Privaatsak X025, Lynnwoodrif, 0040
Pretoria: 012 348 8808 l Somerset-Wes: 021 851 4163