Elsenburg

Die Pannar-rugbyweek is jaarliks ’n belangrike hoogtepunt vir Suid-Afrikaanse landboukolleges. Dié week is vanjaar van 1 tot 7 Julie by die Fort Cox Landbou- en Bosbou-opleidingsentrum gehou. Spanne van agt landbouopleidingsentrums het teen mekaar meegeding om die IPJ du Plessis-trofee. Die rugbyweek word reeds sedert 1969 gehou en word sedert 1987 deur Pannar geborg. Die deelnemende spanne was Fort Cox, Elsenburg, Glen, Taung, Tsolo, Cedara, Grootfontein en Potchefstroom.

Die uitslae is:

  • Willie van Zijl-trofee (twee spanne wat die beste wedstryd gespeel het):

Grootfontein en Elsenburg.

  • Boland Bank-trofee (span met die mees konstruktiewe rugby):

Elsenburg.

  • Joe Venter-trofee (beste voorspeler):

Attie van Rensburg, Elsenburg.

  • Pannar-trofee (beste agterspeler):

Bradley Oerson, Glen.

  • Du Pont-trofee (speler met meeste punte tydens die toernooi):

Sterling Naudé, Elsenburg.

  • Kohler Motors-trofee (meeste drieë in die plaatafdeling):

Cedara.

  • Louis Luyt-trofee (span met die meeste drieë in die bekerafdeling):

Elsenburg.

  • Piet de Jager-trofee (wenner van die plaatafdeling):

Cedara.

  • IPJ du Plessis-trofee (wenner van die bekerafdeling):

Elsenburg.

’n Uitstekende eindstryd is tussen Elsenburg en Grootfontein om die IPJ du Plessis-trofee gespeel. Dié eindstryd was die beste wedstryd wat die toernooi in jare gesien het en het die toeskouers tot die einde op hul tone gehou. Dit is ʼn baie gelykop-wedstryd met Elsenburg wat uiteindelik as wenner uit die stryd tree. – Pannar

Na afloop van die toernooi is die SA landboukollegesspan gekies. Die span is:

  • Daniël Rademan, Grootfontein
  • Dirkie Coetzee, Potch
  • Gert Rupping, Grootfontein
  • Noah Montfort, Grootfontein
  • Brendon Botha, Elsenburg
  • Henco Nel, Grootfontein
  • Ray Brink, Elsenburg
  • Johan Schoeman, Potch
  • Elroni Fillis, Grootfontein
  • Adriaan Stander, Grootfontein
  • Josef Burger, Elsenburg
  • Jaco de Waal, Potch
  • Waldo Botha, Potch
  • Edward Oberholzer, Potch
  • Louis Carsten, Elsenburg
  • Adrian Creig, Grootfontein
  • Attie van Rensburg, Elsenburg
  • Alex Creig, Grootfontein
  • Joppie du Pisani, Grootfontein
  • Pieter Rabe, Elsenburg
  • Ettiene van der Merwe, Potch
  • Marius Paulsen, Grootfontein
  • Alexander Duckitt, Elsenburg

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY