dormerveiling
Die verkopers wat hier by Ian Grobbelaar staan was Schalk Lourens, Karin Wessels, Erika Hanekom en Dolf Bam.

Uitstekende pryse is behaal op die Elite Dormerveiling op die eerste dag van ALFA 2017 by die Afridome in Parys.  Die hoogste prys vir ‘n ooi was R12 000. Die ooi is deur deur Schalk Lourens van Bethal op die veiling aangebied.

Die vier verkopers was Mamre Dormers van Manie en Karin Wessels van Frankfort, Dolf Bam van Wakkerstroom, Schalk Lourens van Bethal en Erika Hanekom van Malmesbury.

Altesaam 14 ramme is teen ‘n gemiddelde prys van R15 321,43 verkoop en 53 ooie teen ‘n gemiddeld van R5 725,47. Die omset van die veiling het op R517 950 te staan gekom. Vleissentraal het die veiling aangebied en Ian Grobbelaar was die afslaer. – Izak Hofmeyr, Veeplaas

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY