Die Mpumalanga-streeksuitdunne in die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie het verlede week tydens die Ermelo Hoëveld Landboufees plaasgevind. Dit was die eerste van verskeie streeksuitdunne wat gehou word om finaliste vir die nasionale rondte tydens Nampo 2016 aan te wys.

Uitstekende kandidate het op ’n kammaveiling hul staal gewys. Beeste vir gebruik in die uitdunne is deur Willie Rhoode van Primo Brahmane in Ermelo verskaf. Die uitdunne is deur Frik Verster van BKB Van Wyk in Standerton beoordeel.

Neil Jordaan, Esmarie Moodie (Veeplaas), Frik Verster (Beoordelaar); Cornel Duming en Arnold Durr —
Neil Jordaan, Esmarie Moodie (Veeplaas), Frik Verster (Beoordelaar); Cornel Duming en Arnold Durr —

Die Mpumalanga-wenners is:
Jong afslaers-kategorie: Arnold Durr
Oop kategorie: Neil Jordaan.
Spesiale nominasie deur beoordelaar: Cornel Duming.

Al drie dring deur na die nasionale rondte tydens Nampo 2016.

 

 

Die volgende streekskompetisies word gehou:
• Oos-Kaap: Bathurst-landbouskou, 1 April 2016.
• Noordwes: Vryburg-skou, 6 tot 8 April 2016.
• Sentraal: Tydens die Bloemskou in Bloemfontein.
• KwaZulu-Natal: Datums sal aangekondig word.
• Gauteng: Datums sal aangekondig word.

Deelnemers neem in die volgende kategorieë deel:

  • Junior kategorie: Onder 18 jaar.
  • Jong kategorie: 19 tot 25 jaar.
  • Oop kategorie: Vir enige deelnemer wat nie vir bogenoemde kategorieë kwalifiseer nie.

Elsa Esterhuizen het onlangs op Die Groot Ontbyt met Albert Loubser, redakteur van Veeplaas, oor dié kompetisie gesels. Kyk hier:

Gesels gerus saam oor die kompetisie op Twitter by @veeplaas1 en #youngauctioneers.

As jy dink jy het die potensiaal om gekroon te word as die land se beste jong afslaer van 2016, skakel Esmarié Moodie gerus by 076 330 0745 vir meer inligting en om in te skryf. Of stuur ’n epos aan esmarie@veeplaas.co.za.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY