Estimated reading time: 4 minutes
Die veeldoelige, bekostigbare E-Kubota landboutrekkerreeks is die ideale oplossing vir kleinskaalse produsente in die Karoo- en Tsitsikamma-streke.
Met stygende insetkoste wat kleinskaalse produsente met min opsies laat, is slim besluite oor die aankoop van werktuie en implemente nou belangriker as ooit. Met dit in gedagte, vind kleinskaalse produsente in die Karoo- en Tsitsikamma-streke van die land, groot aanklank by die E-Kubota trekkerreeks. Hierdie waarde-vir-geld reeks bied al die voordele van groter, premium trekkers teen ’n fraksie van die koste.
Melkboere in die Tsitsikamma gebruik veral twee E-Kubota-modelle: die tweewiel- aangedrewe EK6075 en die vierwiel- aangedrewe EK6090. Dié twee trekkers, wat by Kubota Suid-Afrika se handelaar in die streek, Gamkor BK, beskikbaar is, word vir algemene doeleindes op die plaas ingespan. So vertel Conray van Rooyen, eienaar van Gamkor.
In die Karoo word die tweewiel-aangedrewe EK6090-model gebruik om verskeie take op kleiner veeplase te verrig. Dié trekker kan alles – van sny en hark tot grondvoorbereiding, plant en spuit – met gemak behartig.
Wat maak E-Kubota anders?
Die E-Kubota trekkerreeks wat in 2020 in Suid-Afrika bekendgestel is, is die produk van ’n vennootskap tussen Escorts Ltd, ’n Indiese ingenieurskonglomeraat, en Kubota, ’n toonaangewende Japannese trekkervervaardiger.
Die E-Kubota-reeks is die perfekte keuse vir kleinskaalse produsente, sê Dennis van der Merwe, nasionale verkoopsbestuurder vir Kubota SA by Smith Power Equipment, aangesien die reeks ’n laer eienaarskapkoste bied sonder dat prestasie en produktiwiteit ingeboet word.

“Produktiwiteit en totale eienaarskapkoste is twee kern-oorwegings vir alle produsente wat besluite moet neem oor nuwe boerderytoerusting. Die E-Kubota trekkerreeks kry regmerkies in al die belangrike boksies wat tel vir kleinskaalse produsente wat hul produktiwiteit wil verhoog, maar nie hul begrotings wil oorskry nie,” sê Van der Merwe.
Die basiese eienskappe van hierdie trekkers leen hulle tot ‘n kostedoeltreffende aanvangskapitaaluitgawe vir kleinskaalse produsente. Hoewel dié trekkers teen ’n aansienlike laer prys as hul premium eweknieë verkoop word, is hulle uiters veelsydig en kan hulle verskeie take soos vervoer, grondbewerking en spuitwerk verrig – alles met dieselfde krag en doeltreffendheid as groter, premium trekkers.
Saam met die laer eienaarskapkoste, is ander groot pluspunte die laer brandstofverbruik, bestuursgemak en natuurlik instandhouding. Die drie- of viersilinder turbo-aangedrewe tussenverkoelings- en direkte-inspuitenjin lewer puik uitsette en beter brandstofverbruik. Dit bied groter koste per kilowatt sonder dat die enjin se revolusies per minuut (RPM) enigsins daal.
“Brandstof is een van die grootste uitgawes in ’n gemeganiseerde boerderyomgewing. Daarom het Kubota, met die ontwerp van die E-Kubota reeks, op verhoogde brandstofdoeltreffendheid gefokus,” sê Van Rooyen.
Die eenvoud van hierdie trekkers maak hulle maklik om te onderhou, wat weer laer onderhoudskoste beteken. Die gerieflike 8-spoed of 12-spoed transmissies van die E-Kubota-trekkers maak bestuur en beheer maklik, en dit dra weer by tot hoër produktiwiteit. Twee- of vierwiel-aangedrewe opsies is beskikbaar. Die kragstuur help ook dat operateurs nie tydens lang werkskofte moeg raak nie, en die sy-ratkas se hefbome is ergonomies geplaas vir groter gemak en maklike werking.
Naverkope en ondersteuning
Die E-Kubota-reeks word gerugsteun deur Kubota SA se wye handelaarsnetwerk. Gamkor BK, die Kubota-handelaar vir die Karoo-, Patensie- en Tsitsikamma-streke, hou ’n volledige reeks onderdele aan, wat spoedige diens verseker.
“Ons het ook gespesialiseerde tegnici wat tegniese ondersteuning aan al ons kliënte bied, asook ’n mobiele dienseenheid wat trekkers op die plaasperseel kan diens, om staantyd só tot die minimum te beperk,” sluit Van Rooyen af.
Die reeks kom met ’n twee-jaar (of 1 500 ure) waarborg, vir ekstra gemoedsrus.
Vir navrae, kontak Conray van Rooyen by 082 561 7456 of conray@gamkor.co.za, of besoek Kubota SA se webtuiste by www.kubota.co.za.


