RSG Landbou, SCWS
Volhoubaarheidstandaarde vir wol, soos RWS en SCWS, is ’n onlosmaaklike deel van die toekoms vir wolprodusente.

Estimated reading time: 4 minutes

Veeplaas het by die sentrale basis van die Suid-Afrikaanse wolbedryf ingeloer vir terugvoering oor verwikkelinge rondom die Sustainable Cape Wools Standard (SCWS) of Cape Wools-volhoubaarheidstandaard.

Deon was pas terug van Textile Exchange se konferensie in Colorado (VSA) waar die fokus op die organisasie se Climate Plus-strategie en volhoubare boerderypraktyke was. Dit was ’n baie insiggewende besoek wat onder andere meer lig gewerp het op die behoeftes van bekende handelsmerke, soos Adidas en Gucci, en hul roumateriaal-waardeketting.

Lees meer oor die Suid-Afrikaanse wolmark hier.

Die verskillende wolstandaarde

Om na die rede vir ons besoek by Cape Wools SA terug te keer. Deon het gesê dat volhoubaarheidstandaarde in die tekstielbedryf, en meer spesifiek die vesel van diere, gekom het om te bly. Daar bestaan egter nog verskeie vrae in die Suid-Afrikaanse wolbedryf oor die doel van RWS-gesertifiseerde wol en die Sustainable Cape Wools Standard, of te wel SCWS. Daar is ook nog ’n mate van verwarring oor die doel van die twee standaarde en die rol wat dit by die aanbieding van wol speel.

Om die twee standaarde van mekaar te onderskei en met meer klem op SCWS, het Deon dit soos volg uiteengesit:

  • Textile Exchange is eienaar van RWS. Laasgenoemde is in 2015 gevestig nadat dit aanvanklik deur verskeie handelsmerke gedryf is. Hierdie wol behaal ’n premie op die veilings teenoor wol wat nie gesertifiseer is nie.
  • Die SCWS-standaard (Sustainable Cape Wools Standard) is in 2020 deur Cape Wools SA ingestel as ’n eg Suid-Afrikaanse standaard wat internasionaal aanvaarbaar is en erken word. Die NWKV is gekontrakteer om die standaard te implementeer en assesserings op plase te doen. Cape Wools SA het ’n ooreenkoms met Segard Masurel se Abelusi Wool onderteken om meer waarde vir produsente te skep tydens ’n enkele assessering. Die grootste verskil tussen RWS en SCWS, is die skeermodule wat CWSA bygewerk het om skeerfasiliteite en -prosesse op plase te assesseer. Die module kan onafhanklik van die SCWS funksioneer en is beskikbaar gestel aan alle RWS-ouditeure om te gebruik tydens RWS-assesserings op plase.

Volgens Deon het die probleem voorheen bestaan dat die wolkopers nie genoeg volumes SCWS-wol vir hul kliënte kon verseker nie. “CWSA het daarna met die RWS-ouditeure onderhandel om die skeermodule by die RWS-assessering te voeg om sodoende vir die produsente wat wel RWS-gesertifiseerd is, ’n ekwivalente SCWS-kwalifikasie te gee,” sê hy. “Dit is nie ’n SCWS-sertifikaat nie, maar dit skep wel die geleentheid vir kopers om hul houers met ’n SCWS-etiket vol te maak sodat die handelsmerke hul aankope vir SCWS-wol kan doen. Dit is belangrik om in ag te neem dat CWSA geen toegang tot ‘n RWS-assessering het nie, en dat dit slegs ’n ‘tag’ ontvang wat die betrokke individue as RWS-produsente identifiseer.”

Die premie op SCWS-gesertifiseerde wol het die afgelope paar maandemerkwaardig verbeter In die mikron-kategorieë is daar weinig of geen verskil tussen RWS- en SCWS premies nie. Deon merk op dat daar ’n verwagting is dat, soos wat die volumes vir wol wat kwalifiseer vir SCWS-etikette sal toeneem, die verskil tussen RWS-wol en nie-gesertifiseerde RWS-wol meer problematies sal raak vanweë die feit dat wol beide RWS en SCWS gesertifiseerd sal wees. “Goeie samewerking tussen die twee standaarde is egter van kritiese belang sodat produsente nie onnodig aan iets soos oudit-uitputting blootgestel word nie.”

Lees meer oor NWKA se toekomsplanne hier.

’n Derde party seël vir goedkeuring

CWSA is op die stadium in die proses om ISO-sertifisering vir die SCWS te bekom, om sodoende groter geloofwaardigheid vir die sertifiseringsproses en standaard te verseker. Dit beteken dat ’n seël van goedkeuring vanaf ’n derde party bekom moet word om die versekering te gee dat ’n besigheid binne-in die raamwerk optree van die internasionale standaarde wat ontwikkel en gepubliseer is deur die Internasionale Standaardiseringsorganisasie (ISO).

Lees meer oor die onlangse BKB Merino Classic en die waarde van gehalte teeldiere hier.

Doeltreffende besluitnemingsprosesse

Laastens sê Deon dat CWSA is wel van die oorvleueling tussen die RWS en SCWS en dat Cape Wools SA.  Die direksie sal daarop ingaan om te besluit hoe daar in die toekoms tussen die rapportering van RWS- en SCWS volhoubare- en nie-volhoubare wol onderskei gaan word. “Die rigting waarin ons beweeg is absoluut 100% korrek in terme van die handelsmerke en Europese Unie se vereistes, en ek glo daar lê opwindende tye vir ons voor.” – Carin Venter, Veeplaas

Vir meer inligting, kontak Cape Wools SA by 041 48 44301 of capewool@capewools.co.za.