kuilvoerkoning

Die bal is aan die rol vir die 2017 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie. Die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie word jaarliks in samewerking met Veeplaas en Stockfarm aangebied. Die doel van die kompetisie is om by te dra tot die bevordering van goeie kuilvoerpraktye en wys jaarliks ‘n #kuilvoerkoning aan. Klik hier om oor die 2016-wenner te lees.

Inskrywings vir die jaar se kompetisie het reeds gesluit en monsterneming op plase skop op 3 Julie af wanneer studente van die Universiteit van die Vrystaat die land sal platry om nagenoeg 60 monsters op deelnemers se plase sal neem. Vanjaar word daar vir die eerste keer ook monsters by deelnemende landbouskole geneem.

Vir verdere inligting kontak Richardt Venter by 083 590 3014.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY